HESSIE SE NESSIE (HOOFSTUK 3)

Toe dit finansieel nie te goed gegaan het nie, het Tante vir die Oom gesê dat hulle tog maar moet dink aan ’n plan vir esktra geld en die huis is groot genoeg om ’n losieshuis daarvan te maak.. Hier kom baie mense na die dorp toe om vir ’n maand of twee by die prokureers te kom werk, of selfs van die polisiemense stuur speurders hierheen om sake te ondersoek. Inspekteurs kom ook hierheen. Ons kan ’n goeie inkomste maak en dit wegsit vir Timmothy se geleerdheid, het sy gesê.
Oom Charles wou niks van die Losieshuis besigheid weet nie. Elke keer wanneer Tannie Hessie die saak aangeroer het, het hy net gesê: “’n Losieshuis is onnodig moeilikheid soek. Nee”

 

Na ’n paar dae se aanhou karring beginne hy die ding aanpraat.

 

“Nou, Hessie, sê vir my, wat gaan jy losieshuis noem?” en hy trek aan sy pyp

“Ag Charles ek het maar gedink iets soos ‘HESSIE SE NESSIE””

Ek onthou nog so goed hoe oom Charles aan sy pyp verstik het, die ding in sy baadjiesak gedruk het en vooroor geleun soos hy hoes.

“Jy is mal” het hy gesê, “Hessie se Nessie klink na ’n plek van sonde. Die mense sal dink dat hulle nie net in die losieshuis kan kom nesskop nie, maar aan my kant van die bed ook” het Oom Charles gebulder.

“Ag, moenie dat die ding jou so aantrek nie
“Die ding my aantrek? Hessie, jy het jou harsings verloor. Mens kan tog nie ’n Losieshuis ’n “Nessie” noem nie. Wat sal die mense dink. Wat sal die Nationale Party dink. Nee Wragtag.” en hy het sy kop heftig heen en weer geskud.

“Charles, ek ruik ’n lap brand” het Tante Hessie uit die bloute gesê. Nie om die gesprek te verander nie, nee, sy het regtig ’n lap geruik wat aan die smeul is.

Tant Hessie sien toe dat Oom Charles die pyp so brand-brand in sy baadjiesak gedruk het en die ding smeul toe al te lekker so op oom Charles se bors binne in die sak. Sy geliefde donker bruin pak se sakkie op die bors het ’n gat ingebrand, en dit alles oor die verdomde Losieshuis idee.

Tante Hessie gryp die faas met die blomme en gooi die stomme Oom Charles sopnat met die Clivia’s se water.

’n Papnat Oom Charles storm die huis uit met ’n bekommerde Tannie Hessie agterna.
Tannie Hessie het haar oor min dinge bekommer, maar een ding wat haar wel omgekrap het, was as oom Charles moeilik raak.

 

 

Ek onthou nog so goed die dag toe ek en Timothy onder die peer boom gesit het, en sy vertel my die storie van die pyp en die brandende sak. (Praat Neef na die gehoor se kant toe)

 

 

Maar laat ek nou nie afdwaal nie. Ek wou nog vertel van die losieshuis.

Advertisements

HOOFSTUK 2

Tant Hessie Benson is wel bekend in die dorp asook in die distrik. Sy is my tante van ma se kant af. Die mense sê dat sy ’n eksentrieke vrou is. Sy sê dan altyd: “Ag nee man, eksentriek is maar net ’n mooi woord om te sê iemand is bedonnerd in sy kop. Ek is lank nog nie bedonnerd nie”

Elke keer as sy so gesê het, dan moes ek lag en later het ek ook maar die woord gebruik. Sy het afterall vir my die ‘bedonnerd’ woord geleer. My ma wou stuipe kry, maar toe daardie woord in my kop sit, toe sit hy vas. Ek het baie tyd by tannie Hessie se huis spandeer. Ek en my niggie, timothy het saam huiswerk gedoen want ons was in dieselfde standerd.

Oom Charles was ’n gesiene man en het vir die NP gestaan. Hy het uit sy plek gegaan om stemme te werf. Dit was soms ’n narigheid hoe die mense na die huis toe gestroom het om in die onderstge sitkamer te sit en vergadering hou. Tante was nie baie lief daarvoor nie, maar sy het hom bygestaan.

Oom Charles was ‘n baie deftige man. Hy het altyd so n donker bruin pak gedra, mét ’n onderbaadjie.. Hy het sy skoene mooi blink gepoets. Hy het nogal so vol bos rooibruin hare gehad wat hy in ’n middelpaadjie gekamam het. Plat en blink. Hy het homself glad geskeer, behalwe vir ’n parmantige snor wat op sy bo-lip gepronk het. Hy was tog altyd so besorgd oor die snor gewees. Die ding met olie besmeer, gekam, gedraai en gestreel. Hy het vir ure voor die spieel gestaan om die snor perfek te kry.

Hy het ’n hoed gedra met so ’n cheeky pouveertjie in die kant. Hy het dan altyd die hoed so met sy duim, vysvinger en middelvinger opgelig as hy mens gegroet het. Net so ’n entjie van sy kop af, nie heeltemal af nie. Dan het hy die hoed weer teruggesit en uitgevra oor die familie ens.
As hy by ‘n vertrek sou instap, het hy die hoed netjies afgehaal en onder sy linkerarm gesit, sodat sy regterhand vry was om mense met die hand te groet. “n regte sjarmante man.

 

Tannie Hessie was maar ietwat vreemd. Sy het gesukkel om ’n wag voor haar mond te hou.

Haar hare, altyd, netjies in ’n bolla vasgemaak wat stewig in haar nek gesit het. Vandag nogsteeds. Die mense het altyd gesê dat dit soos ’n vinknes in haar nek sit, vandag nie meer soos vroeer jare nie, maar sy steur haar min.

 

 

“As jy jou aan mense gaan steur, sal die voeëls jou in hullle bekke optel en op ’n ander plek waar jy ontuis voel, gaan neersit” het sy altyd gesê.

Tante dra nog al die jare daai krimpilene agtige one piece rokkies wat so twee vingers bo die knieg sit. Altyd met ’n bypassende truitjie. Sykouse en plat skoentjies. Ek sê altyd:

“Ag Tante, raak bietjie waaghalsig met Tante se klere”

Sy het haarself dan opgeruk en gesê “Ek sal waaghalsig word wanneer die perde horings kry”

Timmothy is Tante en Oom Charles se dogter. Enigste kind. My niggie as mens nou tegnies wil raak. Sy was nooit regtig tuis hier nie. “Ek wil bo my omstandighede uitstyg” het sy altyd gesê.

“Jou omstandighede gaan van jou ’n vrou maak wat haar man kan dien en liefhê”

“Diens” het ek dan altyd so in haar oor gefluister, dan het ons gelag.

Timmothy en ek het goed klaar gekom. Ek het nie juis vreeslik met karretjies, soos die ander nefies, gespeel nie. Timmothy het my geleer van mooi sit, reg stap, goed praat en netjies kyk.

“Kom, dan maak ons of jy die leerling is en ek die onderwyseres” het sy gesê

“Watse klas is dit hierdie?” het ek gevra.

:”Dis ’n sjarmeskool” het sy gesê en haar mond getrek en haar skouers so bietjie opgelig. Baie aansitterig as ek nou daaraan dink.

Sjarmeskool. Bid jou aan. Wat sal ek wat ’n Boerseun uit die vrystaat is wil doen met ’n sjarmeskool. Dis belaglik.

 

Maar hoe meer Timothy die kamma-kamma sjarmeklasse vir my gee, het ek tog begin belangstelling toon en gedink dat sy tog maar ’n punt beet het. Ek het al in boeke gesien dat die Queen van Engeland so vol sjarme is….of altans, ek dink so

 

HOOFSTUK EEN

Wanneer jy by Tweeling indraai en die dorp binne ry, vat jy die eerste straat links, dan eerste regs en daar by die groot pepperboom staan die groendakhuis met die stokrose op die sypaadjie en ’n hekkie wat lam aan ’n paal hang. Voor die huis staan ’n groot peerboom.

 

Dis ’n groot huis met oopskuif vensters, rooihoutvloere en hoë plaffonne. Daar is ’n stoep reg rondom die huis met die mooiste stoepmuurtjie wat bloedrooi gepollitoer is en die mooiste pilare. Die huis is spierwit geverf met ’n beige deur en die sifdeur om die vliee uit te hou is ’n mooi diep-donker-rrooi geverf. Die sif is dan netjies daarom gespan sodat vlieë muskiete en naggoggas nie inkom nie.

Die kombuis is lekker ruim, soos dit nou maar moet wees vir so groot huis. Hulle sê altyd, hoe groter die huis, hoe groter die kombuis. In die middel van die vloer staan ’n groot ou houttafel met vier houtstoele. Daar is nog ’n ou koolstoof wat die kombuis lekker warm maak in die koue Vrystaatse winter maande.

Die slaapkamers is so groot dat daar ’n dubbelbed, twee enkelbeddens en nog ’n donkerhout wardrobe kan inpas. Aan die een dant van die kamer sal ’n dressingtable staan en sommige kamers het ’n kaggel in.

Daar is twee sitkamers in die huis. Een wat lekker groot is met ’n los mat en dan bal en klou meubels. Elke stoel het sy eie tafeltjie waarop ’n koppie tee kon staan, of ’n asbakkie. Elke stoel het ’n los kussinkie op. In die een hoek is ’n groot radio gram.

Die ander sitkamer, meer in die boonste deel van die huis, is ’n kleiner. Net so 4 stoele, wat nie juis deel van n stel is nie, ’n ronde koffietafel met ’n blompot daarop en daar is ook nie ’n mat nie. Net die geelhoutvloer wat met elke tree wat mens gee ’n ander klank kraak.

Die tuin is groot. Baie bome, groot grasperk. As dit so laatmiddag word, dan sal die tuin donker word soos die bome dit begroei. Dis ’n baie besonderese plek hierdie. Tannie Hessie het gewoontlik teen kersfees die lang tafel onde die bome gedek, dan kom al wat neef, niggie, oom en tante daarheen vir die kersete.

Moenie eens praat van die groentetuin beplant met boontjies, pampoen en tamaties. Die voortjies is netjies gegrou, reguit lyn. Hulle het ’n pen aan die een kan ingekap met ’n tou
aan en dan aan die anderkant die ander pen gaan inkap sodat die voortjie reguit moet loop. Dan is daar riete so weerskante van die voortjie staan gemaak sodat die boontjies daarop kan rank. Hulle sê ook hoe hoeër die stilliasie is, hoe meer gaan die boontjie dra.

 

Hier woon my Tante, Oom en niggie Timothy

DIE BEGIN VAN DIE LOSIESHUIS

TEATER IN DIE STYL VAN STORIE VERTELLING

 

 

Losieshuis in Tweeling, Tiemie straat.

 

Eetkamer tafel: Gedek en gereed vir ete. Kerse wat brand. Aan die kop van die tafel se stoel hang ’n bruin blazer.

 

NEEF: Verteller van die storie. Vroeg 60’s, maar nog lewendig en aan die gang.

Die storie speel af in 1972. Timothy en Neef altwee in Matriek en maak gereed vir die eindeksamen.

TANNIE HESSIE BENSON: Eienaares van Losieshuis. Nou 82 jaar en leef nog. Sy is ’n eksentrieke vrou. Sê haar sê en slaan die kitaar.

OOM CHARELS: Tannie Hessie se man Oorlede 1972, dieselfde tyd wat die storie vertel word. Daar is ’n tipe van ‘harseer stilte’ in die huis.

TIMOTHY: Tannie Hessie en Oom Charles se dogter. Dieselfde ouderdom as Neef.

 

Soos Neef die storie op die verhoog vertel, is hy besig om die tafel af te dek. Hy begin by die messe, vurke en dan laaste, voordat die storie klaar is, blaas hy die kers dood, haal die bruin Blazer van die stoel af, gooi dit oor sy arm en stap af. Die storie draai om die tafel wat afgedek moet word…amper soos ‘rewind’….

 

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: