DEEL 7 (Dinge ruk hand uit)

BAZIL
Dis teen die wet. Heeltemal. Ek mag dit nie doen nie, Jammer. Julle sal my nou moet verskoon en het heelwat werk . Ek kan julle nie help nie. Ek kan in groot moeilikheid kom.
BAZIL DRAAI SY RUG SO HALFPAD OP HULLE, MAAR HOU VIR DRAADKAR NOGSTEEDS IN DIE OOG. BAZIL IS MAAR VERSIGTIG VIR DIE OUENS, WANT HY WEET DAT HULLE GLAD NIE ’N NEE VIR ANTWOORD VAT NIE.

DRAADKAR.

Kom nou, Dok, jy help ons, ons help jou

DRAADKAR SMILE EN SIT KLEM OP DIE ‘DOK’ GEDEELTE. DRAADKAR WEET PRESIES HOE OM VIR BAZIL OM SY PINKIE TE DRAAI.

BAZIL LYK OF HY WIL INGEE EN SAAMWERK. HY HOU SPECIAL DAARVAN DAT DRAADKAR HOM NOU ‘DOK’ NOEM. SOOS IN DOKTER SEKER.

BAZIL

Nee, nee, ek is nie die ‘dok’ nie. Ek is ontvangs.
BAZIIL PROBEER DIE DING WEGPRAAT, MAAR WEET DIT GAAN MOEILIK WEES.

DRAADKAR

Maak nie saak nie, dok. Met daai stettoskoop om jou nek lyk jy nes ’n dok. Watse naam is Bazil anyway. Dis groen goed wat jy op slaai gooi.

BAZIL IS GESKOK OMDAT DRAADKAR WEET WAT BAZIL IS EN DAT HY REKEN DAT BAZIL SOOS ’N DOKTER LYK.

BAZIL

Nou maar goed. Wat is daar vir my in hierdie storie? Ek kan my job verloor dan sit ek alleen op straat met niks nie. Ek sukkel reeds om kop bo water te hou met my rent. As die dokter moet weet dat ek vir jùlle inligting gee, is daar groot moeilikheid. Ek kan by die mediese raad aangegee word. Ek kan hof toe gaan en in die tronk beland.
BAZIL RAAK HEELTEMAL DRAMATIES EN OVER THE TOP OOR DIE STORIE.

DRAADKAR

Stick with us. Solank jy saamwerk en STILBLY is jy veilig in ons hande. Jy sal nooit weer iets kortkom nie.En jy sal nie hof toe gaan nie, nog minder tronk toe. Draadkar sal daarvoor sorg DRAADKAR VAT WEER AAN SY BELT SE BUCKLE EN SPEEL MET SY VINGERS OP DIE VOORKANT VANT SY BROEK. BAZIL KYK DAARNA.

DRAADKAR FLIRT NOU OPENLIK VIR DIE VERKKERDE REDES.

BUFFELBEES EN PROTTER SMILE SKELM EN POMP MEKAAR IN DIE RIBBES OM TE WYS DAT HULLE SOMMER KLAAR GEWEN HET.

DRAADKAR HAAL ’N DIK KOEVERT UIT SY SAK EN SIT DIT VOOR BAZIL NEER. BAZIL LOER EN SIEN DIS GELD.

BAZIL
Wie se info soek julle? Maar as julle sê dat ek dit vir julle gegee het, dan sê ek julle lieg.

DRAADKAR

Giel op wiele. en sy vroutjie. Ons hoor mos hy is ’n vroueslaner en trok drywer. Toemaar, jy beskerm ons naam, ons beskerm jou…maklik.

BAZIL.

Ja, ek hoor ook dat Giel sy arme vrou so verniel. Die vrou is pal hier by die dokter. Siestog ek kry haar so jammer. Maar wat gaan julle…..

DRAADKAR.
Sjuut, jy praat nou te veel…gee net die information.

BAZIL HAAL ’N STUKKIE PAPIER UIT, GROU IN ’N LEÊR EN SKRYF DIE INFORMASIE OP ’N PAPIER NEER. HANDIG DIT OOR AAN DRAADKAR EN BLY SIT.

DRAADKAR VAT DIE PAPIER, WYS DAT BAZIL DIE KOEVERTJIE MOET HOU EN KNIPOOG.

BRAADKAR

Sweet. O ja, nog iets. Kan jy iemand nurse, jy sien, iemand wat dalk ’n wond het of steke soek. Jy weet, daai tipe van ding. Soos ’n regte egte dokter doen.

DRAADKAR SMILE SKELM

BAZIL

Ja, ja, ek kan, maar ek is nie ’n dr nie. ek studeer nog uit hierdie boek.

HY HOU DIE BOEK OP EN TIK MET SY VINGER OP SIEK, SIMPTOME EN BEHANDDELING

DRAADKAR

Good to know.

DRAADKAR EN SY TRAWANTE STAP UIT. KLOKKIE LUI. DRAADKAR KYK TERUG. BAZIL HET GENEIG OM DIE TELEFOON OP TE TEL OM TE BEL, MAAR VRIES TOE DRAADKAR OMKYK

BAZIL BEL TOE HULLE UIT IS

DEEL 6 (dit raak gevaarlik)

 

 

GERRIT

Haai Jinne Girl, kyk hoe laat is dit. Ek sal moet mince. Die vrou se highliths het seker teen die tyd gelift. Ek sal moet gaan rince en tint. Ons gail (praat) weer. good luck meisie…..love you

GERRIT SPRING OP EN MINCE DEUR SE KANT TOE, MAAR TOE KOM DRAADKAR, BUFFELBEES EN PROTTER IN. ARROGANT. IN HULLE LEER OUTFITS. HULLE HET DIE REGTE BIKER-CLUB HOUDING. GEE VIR GERRIT ’N KYK, DAN KYK HULLE VIR MEKAAR. DRAADKAR SKUD SY KOP.

GERRIT GRYP SY HALS VAS EN GIL EFFENS. HY KYK NA BAZIL EN BAZIL GRYP DIE STETOSKOOP VAS. GERRIT EN BAZIL LYK VERSKRIK EN BANG VIR DIE BIKERS.
BIKERS KYK VIR GERRIT VRAEND OP EN AF. DUIDELIK NIE GEWOOND AAN DIE CAMP LOOK NIE. DRAADKAR DRUK SY DUIME IN SY BELT EN ‘TAP’ MY SY VINGERS SO TEEN SY BROEK SE GULP. BAZIL SIEN DIT EN SY OË REK WYD. DIE BIKERS KYK VIR MEKAAR EN LAG. MAAR KYK DAN WEER ERNSTIG NA BAZIL

 

 

GERRIT

Hi guys, HY SÊ DIT VINNIG EN SAGGIES.

STAP BAIE VINNE BY DIE DEUR UIT

BIKERS LAG\

BAZIL,
PROBEER VOL SELFVERTROUE PRAAT EN STEEK DIE BANG WEG.

Goeie more. Hoe kan ons help?

DRAADKAR

Is dok in?

BAZIL

Hy is, het julle ’n afspraak

BAZIL BAIE SENUWEEAGTIG

DRAADKAR.

Jy weet mos ons maak nie afsprake nie.

BAZIL MIK OM DIE INTERKOM OP TE TEL EN VIR DR TE BEL.

DRAADKAR.

Nee wat, nie so haastig nie, my ou EN HY DRUK SY HANDE IN SY SAKKE

Ons kom soek eintlik na jou….

BAZIL IS ERG SENUWEEAGTIG EN KYK VIR DRAADKAR OP EN AF. MET BANG IN SY OÊ MAAR TOG ’N BIETJIE VAN EXITEMENT OMDAT DRAADKAR ONGELOOFLIK SEXY IS.

 

BAZIL

Ok? hoe kan ek help? Is julle seker dat julle nie liewer vir Dr wil sien nie.

 

INTERKOM LUI EN DOKTER PRAAT

Stuur volgende pasient in seblief Bazil.

BAZIL
BAZIL DINK VINNIG. HY SAL VIR DIE DR MOET LIEG OOR DIE BIKERS WAT HIER IS. HY GRYP SY HALS VAS EN MAAK SY OË TOE ASOF HY WIL BID. TOE HY SO OË OOPMAAK KYK VIR HOM MET N SMILE EN KNIPOOG.

Dis mevrou prinsloo se afspraak. Sy is nog nie hier nie dr. Ek stuur solank ’n koppie tee vir dokter. Sodra mevrou prinsloo hier is sal ek haar deurstuur. Ek sal haar sommer gou bel om te hoor waar sy is.
PRAAT BAZIL VINNIG.

 

DRAADKAR.

Nogal slim ook

BAZIL

Hoe bedoel jy nou, Draadkar?

GRYP STETOSKOOP VAS

DRAADKAR.

Sien, Bazil, die saak staan so. Jy het klomp leêrs hier in die kas. Leêrs met info op. Jy weet, telefoon nommers, adresse, id nommers ensovoorts. Ons het so ’n paar van daai name en nommers nodig. Dit lyk nie of jy verstaan nie. Ons soek iemand se persoonlike inligting.

DRAADKAR IS NOU SOFT SPOKEN. FLIRT DALK SO BIETJIE MET BAZIL WANT HY BESEF DAT DIT DIE TRICK SAL DOEN OM BAZIL OM SY PINKIE TE DRAAI.
DRAADKAR WEET PRESIES NET HOE OM MET BAZIL TE WERK. BAZIL IS BANG, VERBOUREERD EN SKUD SY KOP STADIG HEEN EN WEER. DRAADKAR FRONS.

DEEL 5

BAZIL.

Was jy al by die bikers se warehouse?

GERIIT

O nancy (nee) girl, Ek is te barbara (Bang). Hulle is mos hier in Brixton?

BAZIL

Ja. Blykbaar ’n vreeslik hool, sê die mense.
BAZIL PRAAT SAGTER
Haai girl, hier kom die Mostert vrou. Nancy Gail (moenie praat nie)

GERRIT KYK DIE VROU OP EN AF, TREK SY RUG REGOP EN PRUIM SY MOND.

Middag Mevrou Mostert. SARKASTIES

MOSTERT VROU GEE VIR GERRIG ;N LELIKE KYK , DAN VIR BAZIL.

MOSTERT VROU.

Kan ek betaal asseblif?

BAZIL

Natruulik mevroutjie. Dis R230, kontant. is alles darm nou ok met die kopvel?
Ek glo dr het ’n voorskriffie vir mevrou uitgeskryf?

MOSTERT VROU
Ja toe, ek het nie heeldag tyd vir ginnegaap nie.

SY LYK HAASTIG EN ONGEMAKLIK OOR GERRIT NOU DAAR SIT EN OOR DIE LEUN VAN DIE PERMING LOTION.

GERRIT GLUUR HAAR AAN.

BAZIL MAAK ’N BEWEGING MET SY VINGERS OOR SY MOND OM TE ZIP.

DIE VROU LOOP WEG.

BAZIL

Totsiens mevrou en sterkte met die kopvel hoor.

GERRIT

Ja, mevrou, sterkte en smeer maar die salfies aan. Groete vir Oom Giel

 

DIE VROU GLUUR HOM AAN EN STORM UIT.

GERRIT EN BAZIL LAG. EN DRINK TEE.

DEEL 4

 

GERRIT

Nancy girl (nee girl) , haar buurvrou oor die pad het gister ’n moerse geraas en geskreeu by die Mosters se huis gehoor. Sy loer toe deur die venster en sien dat Giel die arme vrou aan die hare beet het en rondruk omdat sy al die kannas by die heining uitgehaal het. Hy was buite homself, blykbaar. Tot die klein wit poedeltjie is straataf van die skrik. En die vrou gryp net haar kop vas en skreeu dat hy nie die laaste bietjie hare in haar kop ook moet uittrek nie. Die buurvrou het alles gesien. Giel staan toe daar met twee hande vol hare en ’n huilende mevrou Mostert. SHAME Alles.

BAZIL

Jinne, Girl, dis heavy. Daai Giel is blykbaar ’n baie Reva (rowwe) man. Hy Dina (moer) die stomme vrou oor niks nie. Dis nie die eerste keer dat sy dr toe kom oor sulke dinge nie. Die ander dag was sy hier met ’n sonbril en ’n kierie. Die man het haar blykbaar op die oog gepot, maar sy kom vertel vir die dr dat sy in die nag opgestaan het om warm melk te maak. Kon blykbaar nie slaap nie en daar dink Giel dis ’n inbreker en slaan haar op die oog. Sy Linda (lieg) die man het haar gebella bash omdat sy onnodige croceries gekoop het. Die storie lê die dorp vol. Ek het dit by die twee vrouens gehoor wat vir hulle monthly ondersoek kom….

GERRIT.

Ek wag net hier vir daai vrou. Sy moet in my face vir my sê dat ek haar harriets (hare) met die perming lotion gebrenda (brand) het.. Sy perm anyway nie haar hare nie. Sy het te min. Ek moes laasweek reeds haar kop honderd keer tease om net bietjie body te gee en toe spuit sodat sy bullet proof op haar kop is. Nancy (nee) girl, vandag gaan ek my sê sê. Die Nora girty (vrou). Gooi daar vir ons ’n bietjie tee in. My keel is droog.

GERRIT VAT NA SY KEEL EN SLUK DROOG. BAIE UPSET. SIT OORKANT BAZIL BY DIE LESSENAAR EN GEREED VIR ’N GROOT SKINNER.

GERRIT

Girl, hoekom dra jy daai stetoskoop om jou nek. Jy is mos nancy (nie) die dr nie. Or is it your accecory?

BAZIL.
VAT NA DIE STETSKOOP EN KYK MET GROOT LIEFDE EN RESEPK NA DIE DING.

Girl, hierdie ding is the pinnicale of romance en liefde. Om die oortjie (HY VRYF OOR DIE PLAT GEDEELTE) op ’n man se bors te sit en sy hartklop te hoor is the pitts. Nader aan ’n man kan jy nie kom nie. Doef Doef….Doef Doef….O i love it.
Hierdie is die tool om enige gebroke relationship weer aan die gang te kry of enige huwelik te red. I am telling you.

GERRIT.

LAG.

O girl, dit is net djy daai.

SO NOU EN DAN SLAAN DIE KLEURLING AKSENT BY GERRIT DEUR. DIE DJY EN DJOU DING, MAAR ANDERSINS HOU HY HOMSELF BAIE GRAND.

Maar ek moet jou vertel van die twee Hilda Girtys (girls) wat noudie dag by die salon was. Dis die bikers se ‘goosse’ soos hulle dit noem. Ek noem hulle sommer die ‘hoedtjies en ballontjies” EN HY WYS BY DIE HOEDTJIES NA BOTTELBLOND EN BALLONTJIES NA DIE BORSTE
Die een gaan glo nou vas uit met Draadkar…

BAZIL

Maar Draadkar is die blonde bag (man) met die beaulah oë. Ek het hom al paar keer by die apteek en bottelstoor gesien. Hy ry soms hier verby op sy motorbike sonder die valhelm dan kyk hy die strate goed deur. Ek is maar barbara vir hom (bang)

GERRIT

Net so, daai een. Sy is so jessie (jaloers) op die bag dat sy kan skreeu. Toe kom tint sy haar kop skoon platinum om te impress. Sy vertel vir haar vriendin wat langs haar sit en Jet Black gaan hoe hulle dit in die ‘gang’ geniet Die mans lift hulle glo op die bikes en treat them like queens. Daai twee girls kom hier uit Jan Bom uit. Ook maar niks gewoond as jy my vra. Maar my lips are sealed.

DIE KARRAKTERS (‘n Play opgedra aan die unapologetics biker club)

DIE STETOSKOOP EN ’N BIKER.

KARRAKTERS

BAZIL
Laat 20’s Middel Begin 30”s. Good looking, butch queen. Opviously gay maar tog klein bietjie butch. Ontvangs by dr Van Rooyed se spreekkamer. Luister graag na Celine Dion, verbeel homself hy is al ’n dr omdat hy in die medisyne belangsel en by Dr Van Rooyen met die oog steel. Lees ook graag oor Medisyne. Skinder bek. Buzy Boddy. Amper soos Freddie wat in Nommer Asselbief in die kafee gewerk het.

GERRIT (GIRTOUTE)
30’s something. Baie camp over the top gay. Hairdresser. Kleuring en praat die Cape Gale. Skinner baie, vriende met Bazil. Bazil noem hom Girtroute maaar die ander noem hom Gerrit. In your face gay. Mince baie en lag baie.

GIEL OP WIELE
Man in sy 50’s. Baie butch. Trokdrywer. Getroud met “die Mostert” vrou. Vroueslaner, drink Brandy en water. Luister country musiek en is baie van die huis af weg omdat hy trokke ry. daarvan die naam Giel op Wiel (dis tong in die kies). Snor, dalk bles, rof, vuil. ONS SIEN HOM NOOIT NIE

DIE MOSTERT VROU
Giel se vrou. Gaan baie hairdresser toe om te ‘praat’. Baie by die dr omdat giel haar slaan. Sy is amper soos “Ella” Worsie se ma in Molly en Wors. Kla vreeslik. Dra aaklige blomrokke, altyd handsakkie in die hand.

DRAADKAR.
Biker. Nogal mooi. 20’s of 30’s. Blond, goeie lyf. Smooth talker. Slinks maar tog ’n sagte kant. . Dra sy leather, jy sukkel nie met hom nie. Vice Precident van die Bikers Club.

-BUFFEL-BEES
Biker. Donker hare, vol baard. hou baie van vroens. Drink Wisky, selfs vroeg in die oggende., kom dom voor maar ’n moeilike man. Lief vir sy Harley D. middel 40’s

PROTTER
Kort ou. 40’s. Bles, baie skelm look.. Mal oor wisky. rof, ook half dom. wil graag die hotshot wees, maar kry dit nie reg nie. (oor sy short man syndrome.)

 

 

DR VAN ROOYEN
Ons sien hom nooit, maar net sy stem oor die interkom heeltyd as hy met Bazil voor in die wagkamer praat.

DEEL 3

HY VERTEL DIT VINNIG EN TROTS. BEDUIE BAIE. MIK SELFS MET DIE STETOSKOOP NA HAAR KANT TOE , MAAR SY KEER.

MOSTERT.

Moet jou nie simpel hou nie. Watse blaas en pomp is dit met jou. Hierdie is nie speletjies nie, dis ’n proffesionele aangeleentheid. En watse storie met skietwonde?

BAIE ONGEDULDIG. EN MOEILIK.

BAZIL

Haai mevrou. Hier is mos hierdie ‘bikers gang” in die dorp. Daar word mos gedurig by hulle warehouse in Factory straat geskiet. Ek het al van hulle gesien. Rowwe mense met wie jy nie moeilikheid soek nie. Pal by die apteek om verbande in salf te koop. Selfs Mecerobrome by die liters. Hulle is mos vreeslik bang om dr toe te kom. Ek het al gehoor hulle sê dat hulle doen en late ’n groot geheim is en dat die buite wêreld niks mag weet nie….Die ander dag vertel iemand my dat hulle sommer wisky op die wonde gooi om te disinfect. As hulle vermoed iemand weet iets van hulle, verdwyn daardie persoon soos mis voor die son. Ek sê vir mevrou, hulle is bitter baie gevaarlik.

INTERKOM LUI.
BAZIL GRYP SY BORS VAS. SKRIK.

BAZIL.

Dr Van Rooyen se kamers, goeie more. Bazil wat praat.

VOICE DR VAN ROOYEN.

Jy hoef nie elke keer die rypmpie te sê nie. Stuur seblief vir Mev Moster deur.

BAZIL

Goed dr. Ek stuur haar deur.

Mevrou, Dr is gereed vir u. U kan maar deurgaan. Onthou net om die rekening te betaal sodra ek klaar is by hom. Streng kontant vir privaat pasiente. Ons vat nie meer chekcs nie. Laas het U check gebounce. Cash only please.

 

MOSTERT

Dankie…..

SY KYK NA BAZIL MET SKREEF OGIES. SO ASOF SY WIL SÊ DIE BESOEK HET NIKS MET JOU TE DOEN NIE EN MOENIE EERS BY DIE DEUR STAAN EN INLUSITER NIE, MAAR SY SÊ DIT NIE.

 

BAZIL TRIPPEL NA DIE TELEFOON TOE, MAAK ’N TELEFOON BOEKIE OOP, SLAAN ’N NOMMER NA EN BEL DIT. DRAAI MUSIEK SAGTER EN TAP MET SY VINGERS OP DIE LESSENAAR VAN ONGEDULD.

Girl, you wont believe me. Mevrou Moster is hier by die dr. Sy is vreeslik upset. Sy het gesê dat jy haar kopvel met die perming lotion gebrand het en sy moet nou streng behandelling kry. sy het ook gesê dat jy die oorsaak van haar brandwonde is en dat sy jou gaan dagvaar vir alles wat jy het. Sy sê dat jy meer tyd op die telefoon spandeer as by jou werk. sy is Hilda….

BAZIL BESEF DAT GERRIT DIE TELEFOON IN SY OOR NEERGEGOOI HET EN KYK NA DIE SPREEKBUIS.

Hallo…Girtroute…..hallo kan jy my hoor? Is jy nog daar?….

DEURKLOKKIE LUI EN GERRIT KOM IN. BAIE UPSET. TRIPPEL, HANDE IN DIE SYE, HAARKNIPPE AAN SY HEMP VAS. NOG MET ’N VOORSKOOT AAN WAT WYS HY IS BESIG OM HIGHILIGHTS TE DOEN.

GERRIT

Girl, waar is daai vrou. Ek is so upset omdat sy my beskuldig. Sy Linda (LIEG) vir jou…Sy was 2 weke laas by die salon en sy perm nie. Sy het vir ’n blow and dry gekom. Dis al. Ek moes die conditioner langer inlos en sy het gesê ons moenie massage nie, haar kopvel is baie sensititief.

BAZIL

Stadig Girl. Kom sit hier. Ek het maar net gesê wat sy my vertel het. Relax. Kom vertel alles en hou niks terug nie. My lips are sealed. Was die vrou nie by jou nie? Sy is vasbeslote jy het haar vel gebrand en selfs dat haar hare by die klosse uitval in die wasbak as sy was en klosse aan haar borsel vasit.
BAZIL DIK HIERDIE STORIE AAN EN LAS BAIE MEER STERTJIES BY AS WAT MOSTERT VERTEL HET.

DEEL 2

BAZIL STEUR HOM NIE JUIS AAN DR VAN ROOYEN WAT HOM AANPRAAT OOR DIE LEES VAN LEÊRS NIE. HY LEK SY VINGER NAT EN BLAAI NOG DEUR DIE LEÊR. TREK SY ASEM IN ASOF HY GROOT NUUS RAAKGELEES HET. NUUSKIERIG.

DEURKLOKKIE LUI EN MEV MOSTER IN

BAZIL

Nou goed dankie dr, ek maak so…..

FLUISTER
Hier kom Mev Mostert nou net in.

BAZIL SIT GEHOORBUIS NEER.

More Mevrou Mostert. Hoe gaan dit? Goed om vir mevrou te sien. Sit maar solank, dr sal nou by mevrou wees. Ons het nuwe tydskrifte gekry. Blaai gerus daardeur. Mevrou mag die blokkiesraaisels invul, net met potlood seblief sodat ons dit weer kan uitvee. Dr het gesê ek moet geld spaar en mag nie meer fotostate van die blokkiesraaisels maak nie.

MOSTERT

Dankie. Gaan dit lank vat?

 

BAZIL

Nee mevrou. Die blokkiesraaisel is op bl 18. Maar ontspan solank. Ek sal u laat weet as dr gereed is.

MOSTERT.

Ek wil nie weet of dit lank vat om die blokkiesraaisel te soek nie. Hoe lank gaan dit vat voor die dr my kan sien. Hoe kan ek ontspan? Ek is in pyn. Liederlike pyn. Maar jy sal nie verstaan nie. Julle is mos jonk en vol streke. Wat weet julle van ou mense af?

BAZIL

BAIE NUUSKIERIG EN UITVRAERIG.

Hoe so, Mevrou? Wat het gebeur. mevrou kan maar met my praat, my lips are sealed. Alles wat hier bespreek word bly net hier tussen hierdie 4 miere. Dis altyd goed om te praat. Kry dit van U bors af. Praat maar en hou niks terug nie, Mevrou. Is dit weer Oom Giel?…

MOSTERT.

Nee jong, ek was by daardie lawwe Hairdressertjie. Kyk hoe het hy my kop gebrand met die perming lotion. Hy het dit te lank ingelos. Nou moet ek iets kom kry. Dis belaglik. Ek sê vir hom om te spoel, maar hy is te besig op die telefoon. lê mos op die foon. En altyd aan die klets, praat en skinner. Soos n simpel plaat wat vasghaak het. Kekkel erger as ’n vrou. Oor en oor dieslefde ding, dit maak ’n mens mal. Ek dink dat ek maar liewer weer na die ander vroutjie toe moet gaan in Westdene wat hare van die huis af doen…6

SY VAT AAN HAAR KOPVEL, LAAT SAK HAAR KOP, LYK SKULDIG WAT DIE HELE STORIE NA ’N LEUN LAAT LYK.

BAZIL

Haai siestog mevrou. Kom ek kyk. Brand dit? Siestog, lyk of van mevrou se hare selfs uitgeval het. kyk die kaal kolle hier op jou kroontjie.

MOSTERT

Sal jy my kop uitlos. Vir wat staan ek bekyk jy my toestand. Dit het niks met jou te doene nie. Wat weet jy tog. Is jy die dr? Jy is nes daai Gerrit by die hairdresser. Bleddie buzybodies.

BAZIL

Nee mevrou, maar ek leer medisyne en weet al baie. Dr van Rooyen leer my heelwat met indiensopleiding. Ek kan al bene en arms spalk, steke insit en uithaal, skietwonde behandel, ledemaat wat geswik is, waterpokkies en blaas en pomp. En ek is nie ’n buzy boddy nie. ek bied net goeie diens aan. Mevrou kan bly wees dat ons ons oor mevroutjie ontverm

DEEL 1

Dis oggend. Bazil sluit oop, sit Celine Dion cd aan. Stap na afspraakboek, druk pen in sy mond en haal lêers uit ’n kas vir die dag se pasiente.
Stap rond, gooi plante nat, sing saam met Celine D. Stof die SSB boek af en hang stetoskoop om sy nek. Hy dink dit laat hom belangrik lyk, al is hy net ontvants. Breek ’n paar dooie takkies van die potplante af.

INTERKOM LUI, HY TEL GEHOORBUIS OP EN DRUK KNOPPIE OM ANTWOORD TE GEE. FLINK EN PROFFESIONEEL

Dr Van Rooyen se kamers goiee more hoe kan ek help? Bazil wat praat.

VOICE DR VAN ROOYEN

Bazil, jy hoef nie die hele rympie te sê nie. Jy kan mos op die knoppie met die plakkertjie sien dat dit ek is wat van spreekkamer hier langs jou bel. Mens noem dit ’n interkom. Hoe lyk my afspraakboek vandag?

BAZIL

Eksuus dr, ek was ingedagte. Vier Pasiente vanoggend waarvan Mev Mostert die eerste een is. Ons kan net raai wat dit nou weer beteken. Huismoles sê ek vir dr. Dit lê die hele dorp vol dat Giel op Wiele sy vrou bykom met ’n vuis of ’n spanner

VOICE VAN ROOYEN

Ja, Ja, Toe nou maar. Bring maar solank die eerste leêr deur dat ek kan kyk. Hou die pasient maar net so 10 minute langer in die wagkamer sodra sy kom… Ek wil net hier by die buitedeur sit en my koffie klaar drink en sigaret klaar rook.

 

BAZIL

…ja ja laas toe sy hier was het sy ’n probleem met haar kniee gehad. Ek sien hier in die leeêr staan dit dat Giel haar met ’n weelspanner gegooi het toe sy wou wegloop en by haar ma gaan bly het. Vir 3 weke kon sy nie……

 

VOICE DR VAN ROOYEN

Bazil, hoeveel keer moet ek sê dat jy NIE die pasiente se leêrs moet lees nie. Dis onproffesioneel en ek kan in die moeilikheid kom daaroor… Daardie leêrs is konfidensieel. Niemand mag die info kry nie. Jy kan aangekla word as jy dit doen. Hoor jy? Ek sal jou buzz as sy kan deurkom.

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: