maak die hek na jou liefde oop
want daar sal jy ‘n trop wilde perde kry,
daar is velde vol buffelsgras,
en ‘n stroompie wat lag.
Maak my hek oop.
maak die hek na jou liefde oop
want daar sal jy ‘n trop wilde perde kry,
daar is velde vol buffelsgras,
en ‘n stroompie wat lag.
Maak my hek oop.
Die koning is gekastreer
Sonder om die skreeu: “Dis seer”
ek wou ook / soos ‘n blink bal / aan die kersboon hang /
ek wou ook / soos ‘n blink strik / om ‘n geskenk krul
ek wou ook / soos bont geskenk- papier mooi lyk
maar toe is ek die geskenk.
kom tel my op waar ek ‘n alleen-gedig vir jou skryf
kom nessie my aan jou vas, net soos die swael se kleines
In my siel se sideboard het ek ‘n versie gebêre.
Toe vra ek vir jou om die vir die son te lees.
Jou hart is die son van my somer
Sy het die wysheid in haar oë van die waarheid van onuitgesrpoke leuns
vir jou sal ek op gebreekte glas slaap…
om nie jou glimlag te verloor
Sy was nie juis kreatief nie,
Sy kon nie skets, teken of skilder.
Maar in my oe was sy ‘n Picasso
Want vir my het sy ingekleur.
Toe ek met groot respek oor jou buk
en stil word vir net ‘n ruk
het ek die laaste soet heuning uit jou sien drup
en ek weet jy het nog ‘n veer in my vlerk gedruk