Voor my sien ek die hartseerste gesig wat ek nog gesien het. ‘n windpomp lê verlam. ‘n Mielieland hurk harseer en ‘n plaasdam kreun en kramp. Iewers hoor ek ‘n stem roep: “Vang hulle.” “Vir wie?” vra ek “Die vyand” bulk die koei. “Identifiseer die vyand” runnik ‘n perd.
Onder ‘n boom sit ‘n groep bleek kinders.
“Pen die vyand vas.” sê die boom
En iewers in ‘n ou, bouvallige klaskamertjie staan ‘n man met ‘n kakie hoed op en sê: “Vandag pen ek die vyand vas. Met hierdie spierwit bordkryt pen ek hom vas op ‘n swartbod. Ons Identifiseer hom” sing ‘n koor.
Die vrou wat die koor afrijg het die mooiste rok aan, met ‘n spierwit kraag, Helder Oranje moue en die mooiste blou valle.
En die kranse het antwoord gegee.
HELFTE
die mens bly maar altyd net die helfte
die monsters het die volmaan in die helfte gekerf
my toebroodjies in die helfte gebreek deur die man wat vra:
“Meneer, gee da iets virrie maag”
POSBUS
As ek by jou huis sou verby stap
Sou ek by jou posbus stop
En n paar mooi woorde by sy
Gleufbekkie inskuif,
Vir jou… Om later te lees
MY MA HET MY KOM HAAL
MY MA HET MY KOM HAAL
My trane was eens diamante wat later
ys blokkies geword het, te koud vir die
woestyn en te warm vir my hart om
die vaal-bruin sand saam te vat wat
aan elke mensgemaakte voet vassit
My skedel nou ‘n donker kegel-bal
in die palm van die wind se hand wat
stukkies sandkorrels, net soos die kegelbal,
teen my ribbekas, been en splinter val.
Ek sper my geraamtes af teen die
diewe wat my trane en yskorrels wil steel
die wind bring ou verlang terug en
korrel die dink in my deure, vensters
en geraamtes vas. my vensters is nou
splintergeraamtes wat soos ‘n ribbekas
in die son lê en wag, vir more en oor-more
Ek is die wind wat nie meer blaas nie,
ek is die ys wat nie meer blink nie
ek is die geraamtes van ou onthou,
my naam lê op ‘n geroesde, windverwaaide
naambord teen ‘n stofpad, soos ‘n ou
koevert in ‘n houtlaai wat eens mooi was.
Moeder het my kom terugvat wat julle van
my kom steel het, stukkie vir stukkie.
My naam maak nog al die tyd saak.
My Naam is Kolmanskop
My moeder se naam is Natuur.
WAAR IS JY
ek soek na jou om elke hoek in draai
in elke straatkafee en selfs die man wat
Hoofstraat vee, skud sy kop en sê “Nee”
Ek soek na jou by die hotel se afdakke
waar mense lag vir mekaar se grappe
Ek soek na jou by my ma
Ek kyk op na die hemel en vra
vir Die Here God…waar is jy?
Waar is jy?
Waar is jy?
my lief
Waar is jy nou?
Waar is jy?
DINK
Ek wil vir ‘n rukkie langs jou sit
om nog ‘n krummel van jou
dink te proe
DIE STRAND
DIE STRAND
voetjie, voetjie…diep getrape voetspore
langs die wit-skuim-see-golwe
spoel ‘n wit skuim-brander
ons spoortjies weg en los sy eie sirkels
op die sand – met nat druppels wat aan ons
voete vassit.
Krappie krappie, loer met kraalogies uit sy gaatjie
versigtig met ‘n handie-vol sand
skuins-skuins trippel hy – gooi die sand weg en
verdwyn met kraalogies en al in die sand
blaas blaas deur ons hare, by ons verby
waai die wind
waarheen waai so wind dan heen? Selfs die wind
druk sy duisendpoot-voetspoor-merk op die sand.
Alles net op die wit sand.
EK IS NIE MEER BANG NIE
ek is nie bang
as ek alleen is nie.
Dit is beter as gister,
Ek het die lig gekry
en ek skyn
ek kan nie onthou wie
ek gister was nie.
Die siel wat nou in my
hart tango is my nuwe vriend, my nuwe maat.