kleur jou glimlag in,
kompleet met rooi, blou en geel.
Kleur hom in.
kleur jou glimlag in,
kompleet met rooi, blou en geel.
Kleur hom in.
langpad se rus en ek le sommer my kop
teen die ou kar se wiel,
gooi my bont kombers oop
en skink ‘n soetkoffie uit my rooi fles.
Salig rus ek langs die lang pad, huistoe.
in elkeen van ons is daar ‘n boom wat groei, en nooit ophou nie.
soms ‘n pendoring, soms ‘n akker, soms net ‘n gewone boom.
ek pluk vir jou ‘n paar lemoene,
ek skoffel ‘n aartappel uit die los sand.
Stap net saam met my tot anderkant
die spruitjie. Ons kan daar koffie drink
Katryntjie, rasper ‘n stukkie gemmerwortel vir my keel.
Katryntjie, sny vir my ‘n skyfie suurlemoen vir my hoes.
Katryntjie, drup ‘n lekseltjie heuning-goud vir die suur,
en more sal ek weer ‘n gedig kan lees, ‘n soete gedig.
ek het ‘n bondeltjie Vleikos gekry
Ek het ‘n trossie Waterblommetjies
langs die pad gepluk
en vanaand sing my koue hart warm liedjies,
vanaand sing my honger maag
vleikos deuntjies, want Vleikos is mos kos…Waterblommetjie kos.
vou vir my ‘n stukkie krummel pap in die palm van jou hand toe.
krap nog ‘n klossie krummel nader en rol dit in ‘n balletjie…
die honger, die groot honger word nou stil
“Sondag is wasdag” se die vrou
Ek is so jammer ek kan nie haar naam onthou nie.
“Ja, ek gaan nie meer vir lank hier bly nie. Mens moet uit. Ek gaan Oos Londen toe. My man is daar”
“Ek is bly vir jou. ”
“Ja, ek se jou…ek gaan nou ‘n beach girl word.”
Ek is bly vir jou, Mevrou. Alles wat mooi is en geseende dag.
Ek het van har gehou…toe se sy ek mag maar ‘n paar fotos neem.