my lyf vertel ‘n stille storie
SNEEUVAL
het jy al na die sneeuval geluister?
MUSIEK
want die musiek is binne in ons…
al is dit stil
DIE TANDE-MUIS
stap saam met my
deur die roostuin.
Pluk vir my ‘n roos
en sit dit in my skoen,
net soos die tande-muis…
Want die rooi roos in
my skoen bring so bietjie
troos.
ROOFTOPS
daar onder in die besige straat
blaas toeters, skreeu remme en stemme.
Hier bo is die rustig, stil, salig.
want my sambreel hou die geraas uit.
DIE VENSTER-WASSER
Beste Vensterwasser.
Vryf my oe ook so blink,
net soos jy daardie venster opvryf.
Vryf jou eie oe ook blink, want
daar kruip duisende stories weg…vertel hulle