SESTIEN (XVI)

XVI

DAGBOEKINSKRYWING.

Alles het te vinnig gebeur. Dis moes so gebeur het.

Ek moet in stappe werk, anders gaan ek nie oorwin nie.

Die monster is stil.  Nie heeltemal nie, maar hy is.

…….

Die koeverte het opgehou. Ek is bly daaroor.

Ek is nie heeltemal seker of ek hierdie volgende storie in my dagboek moet skryf, verlede tyd, toekoms….ek weet net dat ek dit moet skryf….en ek besluit om dit deurmekaar te skryf, want alles is deurmekaar.  Om te eet, dit uit te kots, weer te eet, weer te kots, om kos te kou en uit te spoeg, dit alles is ‘n deurmekaarspul.

VOORWOORD

9H30

Ek stap by Steven se plek in. XXL Jeans. XL hemp. XXL check knoop-hemp.

Hy staan op, groet my met ‘n druk.  Ek weet dat hy saggies vat, want hy weet dat ek enige oomblik kan breek.

Welkom.

Dankie

Hy stel my voor aan mense.

“Dis Lyle”

“Dis Cindy”

“This is Stanley”

Ek hoor my naam.

Lyle: Hey dude, welcome

Cindy: Come inside. You want coffee?

Lyle:  Dude, here we don’t fucking judge. Fuck that shit. We are artists

Cindy: Ya, fuck that shit.  We wil never judge.

Lyle en Cindy is getroud.

Steven: Stanley is here for a tattoo, guys

Lyle:  That’s fucking awesome. Wat gaan jy opsit?

Ek wil ‘n foto van jou gesig hier iewers tussen my liest opsit…was my antwoord.

Vir die eerste keer in ‘n lang tyd lag ek.  En dit voel lekker. Almal lag.

DAGBOEKINSKRYWING

Wanneer laas het ek lekker saam met mense gelag?

Die monster se stem is stil, maar so nou en grom hy nog.

…….

Iemand mompel iets.  Ek is nie seker wie dit is nie.

Die mompel word ‘n grom.

Die grom word ‘n stem.

Dis die monster.

MONSTER:

Wat dink jy doen jy? Jy maak die grootste fout van jou lewe.

Ek besef dis die monster….ek staan net.  Ek kyk om nie nie sien nie.  Ek sien om nie te weet nie.  Ek wil doodgaan.  Die gedagte aan dood trek my aan. Dis ‘n fassinasie.

Steven hou ‘n koevert na my toe uit.

Daar is iets anders aan hierdie koevert. Hy het nie ‘n seël op nie en ook nie toegeplak nie.  Dis ‘n oop koevert.  Dis ‘n oop gespek.  Dis ‘n oop gedagte.  Dis oop.

Ek lig die tong van die koevert op.

“Ek is die engel.  Hou vas” sê die koevert.

In die koevert is nie ‘n brief nie, maar ‘n stem.  Dis die engel se stem.  Ek wonder of ek nog aan engele glo.  Ek het jare terug een op my dak gesit en een in my dag, maar ek het al van hulle vergeet.

“Ek is die engel op jou dak. Ek is die engel in jou dag” praat nie engel uit die koevert.

MONSTER

“Gooi daai koevert weg”

LYLE

Fuck that shit.  Have coffee with us.  We sitting in the sun having a sigaret.  Are you in a hurry?

“No, ek is rustig. No rush”

ENGEL

Sit by julle. Kom jy is veilig hier.

MONSTER

Jy maak ‘n fout.  Kom weg hier.  Jy is mooi soos jy is.  Ek sal jou na ‘n plek vat waar dit nog beter is as hierdie klomp mense.  Ek vat jou na ‘n paradys toe. Ek vat jou na ‘n tuin toe. Ek vat jou na ons toe.

ENGEL

Sit hier.

STEVEN

Ok, show me. Wat doen ons?

Ek haal die woorde uit my sak uit. Ek sit dit voor hom neer.

“Gee ons ons daaglikse suiker” is die woorde op die papier.

“What does that mean?”

“Dit beteken wees nice, moenie ‘n doos wees nie” antwoord ek.

“I like that” sê Lyle

“Vertel ons waaroor dit gaan” sê Lyle weer.

Ek vertel:

Mense Judge my omdat ek kots as ek klaar geeët het. Mense judge my omdat ek die kos kou en uitspoeg. Mense judge my omdat ek anders is.  Ek haat myself en kan nie in die spieël kyk nie.  Ek is vet en aaklig.  Ek is moet daarvoor.  Die monster se stem maak my siek.  Die monster se grom is kots.  Ek kots die monster elke keer.  Die monster kots oor my, elke dag, elke nag, elke minuut en uur.

Die monster ruk my oë uit sodat ek nie kan sien nie.

Die monster ruk my tong uit sodat ek nie kan praat nie

Die monster ruk my maag uit sodat ek nie kan voel nie.

Dis stil om die tafel. Almal luister aandagtig na my storie.

“You are so fucking special” sê Cindy

“You are fucking alive” sê Lyle.

“Fuck the people, Dude” sê Steven.

 

DAGBOEKINSKRYWING

Vir die eerste keer in ‘n lang tyd sê ek DANKIE, uit my hart uit.

Die proses gaan begin.

My eerste therapy session.

My eerste therapist.

LYLE

“CAN I DO THIS ONE PLEASE?”

“Cool” sê Steven

“Whatever” sê ek

………

 

INHOUD

  1. Stap by sy spreekkamer in.
  2. Hy sit musiek aan. “Skillet – Monster” speel.
  3. Hy sing saam.
  4. Ek sit en wag.
  5. Die machine gaan aan.
  6. Die eerste naald word in my vel gedruk.
  7. Die tweede naald
  8. Die derde naald.
  9. Ek het opgehou tel.
  10. Ek sweef van vrede

………………………………………………………………………………………………

INLEIDING

Met elke steek van elke naald en elke druppel ink wat by my lyf ingaan, sterf die monster stukkie vir stukkie.  Stadig.  ‘n stadige dood is erger as vinnig doodgaan.

Lyle kap die Monster se hande af en plak vlerke aan my.

Steven ruk die monster se hart en longe uit en blaas lewe in my. (Steven het die res van die tattoos op my lyf gedoen)

“Look in the mirror, Stanley” sê Steven

Ek kyk

“That is so fucking awesome dude. Look at this” sê Lyle

Ek glimlag vir myself in die spieël en gaan staan buite, in die son, sonder ‘n hemp vir die wêreld om te sien.

Ek gaan staan weer voor die spieël en skreeu:

“DIE MONSTER IS DOOD. EK LEWE. EK LEWE. EK LEWE.”

Steven, Lyle en Cindy klap hande en jaag die laaste asem van die monster uit my lyf uit.

Dis al.

 

DIE EINDE

ID EST QUAD ID ESTs

Advertisements

INLEIDING (XCIX)

“Monster”

The secret side of me
I never let you see
I keep it caged
But I can’t control it
So stay away from me
The beast is ugly
I feel the rage
And I just can’t hold it

It’s scratching on the walls
In the closet, in the halls
It comes awake
And I can’t control it
Hiding under the bed
In my body, in my head
Why won’t somebody come and save me from this?
Make it end!

I feel it deep within,
It’s just beneath the skin
I must confess that I feel like a monster
I hate what I’ve become
The nightmare’s just begun
I must confess that I feel like a monster
I, I feel like a monster
I, I feel like a monster

My secret side I keep
Hid under lock and key
I keep it caged
But I can’t control it
‘Cause if I let him out
He’ll tear me up
And break me down
Why won’t somebody come and save me from this?
Make it end!

I feel it deep within,
It’s just beneath the skin
I must confess that I feel like a monster
I hate what I’ve become
The nightmare’s just begun
I must confess that I feel like a monster

I feel it deep within,
It’s just beneath the skin
I must confess that I feel like a monster
I, I feel like a monster
I, I feel like a monster

It’s hiding in the dark
Its teeth are razor sharp
There’s no escape for me
It wants my soul,
It wants my heart

No one can hear me scream
Maybe it’s just a dream
Or maybe it’s inside of me
Stop this monster!

I feel it deep within,
It’s just beneath the skin
I must confess that I feel like a monster
I hate what I’ve become
The nightmare’s just begun
I must confess that I feel like a monster

I feel it deep within,
It’s just beneath the skin
I must confess that I feel like a monster
I’m gonna lose control
Here’s something radical
I must confess that I feel like a monster

I, I feel like a monster [4x]

VYFTIEN (XV)

DABOEKINSKRYWING:

Die koeverte het opgehou. Ek het nooit weer een gekry nie, of liewer, ek het vir lank nie een gekry nie.

Die monster se stem het stiller geword, maar nie minder nie.

In die oggendure, net voor sonop het Steven ‘n vraag vir my gevra.  Ek moes antwoord voordat die son heeltemal uit is.  En daar is nie baie tyd oor nie en baie om oor te dink.

 

DIE BEGIN.

Steven het by my kom kuier.

Hy het kos gemaak.  Ek het gekyk.  Hy het geeët, ek het gekyk, hy het die vurk met stukkies hoender daarop vir my gegee, ek het my mond oopgemaak, ek het gekou, sy oë sê:  “Take a deep breath and relax”

“Mag ek uitspoeg?” vra ek

Hy knik sy kop.

Ek spoeg.

Hy vat die servet en gaan gooi dit in die asdrom.

“Kom ons gaan stap” sê hy.

Ek knik my kop.  XXL Jeans. XL T shirt, XL check hemp.
Dis laatmiddag, en ons stap in stilte, wel….hy het in stilte gestap, die fokken monster het aanhou praat in my ore, my kop en my hart.

“Hoor jy soms monsters in jou kop praat” vra ek

“Nee, ek dink baie”

“Waaraan dink jy?” vra ek

Hy is stil.

“Kom ons sit op die bankie in die park.  Kyk die son deur die akkerbome se blare.  Kyk die voëltjies.  Luister na hulle.  Maak die monster se bek stil deur na die natuur te luister.  Fuck the monster” ek skrik.

Hy gaan sit op die houtbankie.

Ek staan langs hom.

“Wat’s fout?”

“Ek kan nie op harde stoele sit. My stuitjie en rug is seer”

“Ok, ek sal my sweetpakbaadjie vir jou neersit.  Sal dit help?”

“Dankie”

“luister” sê hy

Ek luister.

Die monster se stem is soos ‘n ‘white noice’ iewers.

Steven tel ‘n paar akkers op en gee dit vir my.

“Kyk daarna” sê sy oë.

“Voel aan dit”

Hy haal ‘n spieëltjie uit se sak.

Hy hou dit voor my gesig.

Ek maak my oë toe.

“Kyk” sê hy

Alles gebeur so in stappe.  So organized.

Toe ek in die spieëltjie kyk, sien ek my gesig, soos ‘n monster. My wange ingeduik. My hare droog, my vel dun, lyk of dit wil skeur en agter my maak die son ‘n gou kroon vir my deur die akkerbome.

Steven neem ‘n foto met sy telefoon.

Hy wys die foto vir my.  Ek kyk lank.

“Jy is mooi” sê hy.

“Kyk, jy het ‘n goue kroon op.  Die son het dit vir jou gegee. Die boom het dit op jou kroontjie kom neersit”

Toe word die monster se stem stil.

Stilte.

Stilte.

Stilte.

Stilte.

Ons stap terug na my huis toe.

Hy maak die deur vir my oop.  My huis lyk anders.

“Sal jy asseblief jou hemp uittrek?” vra hy.

Gewoonlik as iemand so iets vir my vra sal ek NEE sê.

“Ek sal die spieël toegooi” sê hy

“En die gordyn ook toemaak” so in dieselfde asem.

Dis ‘n special moment.

Hy gooi die spieël met ‘n lap toe.

Ek sê: “Moenie”

Hy trek die gordyn toe en die laaste stukkie son verdwyn agter die gordyn in.

“Moenie” sê ek

“Maak alles oop.  Maak oop. Laat hulle kyk. Laat hulle staar. Laat hulle skinder. Laat hulle…..” en ek ruk die lap van die spieël af en maak die gordyn oop.  Ek trek die XL hemp uit. Ek trek die XXL jean af en staan kaal.  Nie vir iemand nie, maar vir my kroon, vir my son.

“Ek gaan vir jou ‘n vraag vra, maar jy moet antwoord voordat die son weg is.  Hy is halfpad weg, jy het ‘n helfte oor om te besluit” sê Steven

“Vra” sê my oë.

“Is jy bang vir naalde?”

Ek is. Baie

“Ja” sê ek

“Hou jy van kuns?” vra hy

“Ja”

“Mag ek op jou skryf?” vra hy

Die son sak stukkie vir stukkie.

“Wat wil jy skryf?” vra ek

“Net wat jy wil”

“Jy kan” sê ek

“Jy mag nie bang wees vir naalde nie.  Want die naald is die instrument waarmee ek die monster se stem gaan stil maak”

“Hoe weet jy van die monster?” vra ek

“Antwoord, die son sak”

“Jy mag. Ek is bang vir naalde, maar jy mag die monster se stem stil maak.  JY MAG….JY MAG…..JY MAG……JY MOET….

En hy haal die naald uit.

Die son sak.

En in die laaste lig, neem hy weer ‘n foto van my waar ek kaal staan.  Hy wys die vir my.

“Die monster gaan vir altyd stil wees.” Sê hy.

“Ek is honger” sê ek

Hy haal ‘n stukkie vir die hoenderslaai uit die bak, sit dit op ‘n vurk, hou dit voor my mond.

Ek maak my mond oop….en toe gebeur alles…..

VEERTIEN (XIV)

Daar is niks met my keel verkeerd nie. Ek kan sluk, ek wil net nie.
DAGBOEKINSKRYWING
Ek wonder of Die Here God ’n engel op my pad kom sit het. Ek het al baie gevra vir ’n engel, maar ek dink Die Here God het nie gehoor nie. Ek dink dat ek soms te veel vra. Dalk gee Hy net vir my wat ek op daai tyd nodig het. Hulle sê mos Die Here God het Sy eie tyd.

Ek wonder hoekom Steven my nie ook hel te en terug oordeel nie?
Dis asof hy die Monster se stem stiller maak.
Daar is nog oorskiet hoenderlsaai in die yskas. Ek gaan kyk of ek dit kan eet.

Tot later…

MONSTER
Jy raak vet. Gister het jy twee slukke gevat van daai slaai. Hoekom luister jy vir die Steven ou. Hy wil net geld maak uit jou uit.

SHUT UP….
Ek stap yskas toe.
Ek loop met moeite. My rug is seer. My stuitjie is ’n wond. Ek het gisteraand weer klomp sit ups gedoen.
Ek staan in die kombuis en kyk na die asblik. Daar lê gisteraand se papiersak vol uitspoeg. Op die tafel ’n skoon bordjie (ek dink Steven het dit daar gesit) en ’n vurk.
Langs die vurk lê ’n skerp mes. Ek tel die mes op en sny aan my bo-arm. Dis seer.
Ek lewe nog.
“Lucky to be alive”
Teen die yskas is ’n foto van my waarna ek nie kan kyk nie. Of liewer, dis een van daardie fotos waarna jy nie wil kyk nie, maar jy kan nie wegkyk nie. ’n Foto wat ’n monster geneem het. Ek is net skeleton. Ek wil nie kyk nie, maar kan ook nie wegkyk nie.
“Is dit mooi vir jou?” vra die Monster.
“Nee”
“Wat gaan jy doen”
In Godsnaam, los my uit. Shut the fuck up. Ek is moeg. Ek haat jou stem. Al my klere is XXL of XL…dit hang soos lappe.

DAGBOEKINSKRYWING.
Vir die eerste keer in ’n lang tyd huil ek.
Ek maak die yskasdeur oop en gooi die slaai op die grond uit.
“Nothing compares to you” sing Sinead O’Connor
Klop aan my deur.
Maak oop.
Steven
…………
Is jy ok? vra sy oë
Nee, sê my oë.
Steven vat aan my skouer. Dis seer. Ek bewe.
“Hou my vas” sê my mond
“Ok” sê sy oë.
Ek sien die monster by die venster sit.

“Lafaard” skreeu die Monster
“Verloorder” skreeu hy weer.
“Warrior” sê Steven se oë.

“Kom, ek gaan wys jou iets” sê Steven se mond.

Hy stoot my saggies aan my rug. Ek kry seer.
“Jammer” sê sy mond.
Hy haal die lap wat ek oor die spieël gehang het af, en sê:
“Kyk, lyk nice ne”
En toe maak ek die veertiende koevert oop en in die veertiende koevert is die vyftiende koevert.
Steven se oë lag in myne.
Nou kan ons maar begin, sê hy.

DERTIEN (XIII)

Verdrink in my water.

Was in my water.

Speel in my water.

Sit jou voete in my water sodat ek hulle kan was – hoor ek nog ‘n stem. ‘n Vreemde stem.

DAGBOEKINSKRYWING

Ek weet nie presies wat gebeur het nie.  Was dit ‘n droom? Was dit regtig egtig?

Het die spieëltjie antwoord gegee toe ek vra “Wie is die mooiste in die land?”

My lyf is moeg.  My gedagtes is moeg.  My krag is min.  Ek wil myself gaan weeg, maar ek is bang vir die skaal.  Die monster sit by die skaal en wag.

Ek wil nie uit die bed klim nie.  Ek gaan gou ‘n paar sit ups doen.  Ek moet my maag plat kry.

Ek doen ‘n paar sit-ups.

Rus.

Toe nog ‘n paar totdat my rugstring seer is.  Ek is seker daar is al kneusplekke op my rug.  Dalk moet ek die liewer ‘letsels’ noem. Kneusplekke klink te mooi.

 

Vandag se koevert  het nie ‘n nr op nie. Ek skat dat dit die 8 ste, of 9 de een moet wees.  Ek het ophou tel.  Dalk die 9 de.

Wat het gisteraand in die Restaurant gebeur?

Iemand het ‘n koevert vir my gegee met ‘n seël daarop.  Ek probeer onthou. Al wat ek kan onthou is die hoeveelheid kalorieë in ‘n burger, tjips, brood, roomys.

Ek klim terug in die bed en trek myself toe met die komberse.  Dis ‘n lekker gevoel om tussen so in die bed te bly. Dis asof ek kan wegkruip vir die wêreld.  Ek voel beskermd tussen lakens.  Dis asof die bed en lakens vir my iets gee wat ek nie by mense kry nie.  Die sagte lakens maak die gat in my hart toe.  Die matras troos my seer rug.  Die kussings is ‘n ‘hartsterking’.  Ek wonder waar kom die woord vandaan?  Dit is veronderstel om ‘troos’ te wees.  Maar troos en kussing pas nie bymekaar nie.  Hartsterking werk beter.  Ek hou die kussing vas.

Hoekom sal ek die kussing dan nou wil vashou?

“Opsoek na aanvaarding” tref die woorde my.   Dis soos wanneer ‘n brander jou van agter af vang sonder dat jy dit verwag.

Aanvaarding?

Fok nee….

Aanvaarding vir wat?

Aanvaarding van wag?

Iets kort in jou lewe.  Iets wat jy nooit gehad het nie.

“I do not whant what I haven’t got”

Jy soek dit

Ek soek dit nie.

Jy maak dit op met kos en kots.

“I do not whant what I haven’t got”

Toe raak ek aan die slaap.

Ek weet nie hoe lank ek geslaap het nie.  ‘n Klop aan my deur maak my wakker.

Ek trek ‘n XXL sweetpak broek aan en XL t shirt.

Voordat ek die deur oopmaak, vou ek my hand om my bo-arm.  Duim en middelvinger raak aanmekaar.  Nou mik ek vir duim en wysvinger.

Ek maak die deur oop.

“Hallo, hoe gaan dit met jou?”

“OK”

“Ek het vir jou iets gebring”

“Wat?”

“Iets om te eet”

“Dankie”

“Kyk, ek het dit in ‘n groot papiersak vir jou gebring.  Ekstra servette”

“Wat is dit?”

“Hoenderslaai”

“Dankie vir gisteraand” sê ek.

Die Here weet. Ek weet nie of ek hierdie storie in die teenwoordige of verlede tyd moet skryf nie.  Of future….ek weet nie ek moet skryf.  Liewe leser, moenie oor die time-zone worry nie, want tyd het stil gaan staan…iewers.

Ek staan face to face met die stilte.

“Wat is jou naam nou weer?” vra ek

“Steven”

“Hallo, Steven. Sorry, ek voel bietjie pap vandag”

“Jou oë is bloedrooi.  Daar is kringe om jou oë”

“Ek weet”

“Dit maak nie saak nie. Kan ek inkom?”

“Kom”

Hoe alles gebeur weet ek nie.  Ek is nou al so diep in hierdie siekte. Ek weet nie of ek ooit weer hieruit sal kom nie.  Ek is bleek.  Ek is siek.

“Ek gee nie om oor die kringe en rooi oë nie.  Dis tydelik. Dit sal weggaan.”

“Ek weet darm nie”

“Ek sal die slaai vir jou in ‘n bakkie skep.”

Steven staan op, skep die slaai in ‘n bakkie. Ek is so honger, dit voel of ek die hele bak kan verslind.

Jaag weg die honger – praat die monster.

“Monsters praat met my” sê ek

“Ek weet. Ek verstaan. No stress”

“Kom, proe”

Steven hou die vurk gepak met ‘n stuk hoender en blaarslaai na my toe.  Hy bring dit nader na my mond toe.

“Doen dit net vir my”

Ek is te moeg om my mond oop te maak.

“Jy kan dit doen.  Kyk in my oë dan vat jy ‘n hap.  Moenie vir die kos kyk nie, kyk net in my oë”
“JY MAAK ‘N FOUT. ‘N MOERSE FOUT” skreeu die monster.

“Shut-the-fuck-up” sê ek

“Was dit die monster?”

“Ja”

Ek weet nie hoe hy al hierdie dinge weet nie.  Hy het nie eens hierdie pad gestap wat ek nou stap nie, maar iets maak tog sin in hierdie deurmekaar spul. Ek verstaan nou daai wat hulle sê “Dis soos kots in ‘n tumble dryer”

Ek moet die probeer. Ek kyk diep in sy oë. Hy kyk terug. Sy oë sê “Jy sal ok wees”

Sy oë sê “Trust my net”

Sy oë sê: “Ek sien nie die geraamte raak nie, ek sien die mens.  Ek is jou therapist”

My oë sê: “Dankie”

Hy bring die vurk tot teen my lippe, maar my mond is toe.

“Maak oop” sê sy oë

Ek maak oop.

“Vat ‘n hap” sê sy oë.

Ek vat ‘n hap.

“Sluk” sê hy

“Sorry, ek kan nie.  Ek gaan spoeg”

“Dis ok”

Hy gee vir my ‘n servet, dan die papiersak dan vee my my mond af.

More is nog ‘n dag.

Ons gaan weer probeer.

“Jy is lewend” sê sy oë.

“Dankie” sê my oë.

Neem kennis van die ‘oog-gesprek tussen ons. Nie woorde nie, maar net oë.

 

TWAALF (XII)

“Kyk, ek het’n prentjie geteken”

“Wat is dit?”

“Dis kuns”

“Lyk baie deurmekaar. Kan nie sê dis mooi nie”

DAGBOEKINSKRYWING:

Sal dit wat ek doen ooit genoeg wees?

Sal dit wat ek sê ooit saak maak?

Sal ek ooit ‘n persoon vir iemand wees…of net ‘n probleem?

……..

“Spieëltjie spieëltjie aan my hand, wie is die mooiste in die land?”

Is dit my skuld dat my ouers moes skei…ek is dan maar net 12 jaar oud.  Het ek dalk iets verkeerd gedoen?  Dalk nie, dalk tog…maar ek weet dat dit my skuld is.

Ek is nie die seun wat hulle wou gehad het nie.  Ek het dit nooit gehoor nie, maar wel in hulle oë gesien.

Ek het die sewende koevert op die ouderdom van 21 oopgemaak.

Die seël gebreek.

In die koevert was ‘n man se trouring, ‘n stukkende troupand van ‘n man en die brief het na wyn geruik.

My maag voel leeg.

My hart voel leeg.

My siel voel leeg.

Ek sal moet eet.  Die monster het gesê dat ek moet ophou eet.  Eet is al wat nou gaan help.

As ek eet sal dit die gat van verwerping toemaak.  Verwerping van ouers wat geskei is.

Ek het ‘n bak roomys geeët.  Dit kom makliker uit as mens kots.

Ek het die helft van die bak geeët en in die toilet gaan kots.

DAGBOEKINSKRYWING.

Ek praat nie van opgooi, of braak nie…want dit is nie dit nie. Opgooi, braak is as mens ‘n maagvirus het of so iets…hierdie is kots…of uitbraaksel as jy wil….maar dit bly kots.  Ek het die bak roomys uitgekots.

…….

Ek het die sewende koevert, die trouring en stukkende troupand in die kots gegooi en weggespoel.

MONSTER:  Dit sal nooit weggaan nie. Dit gaan by jou bly spook.

“Dit is klaar weg”

MONSTER: Dit is nie, dit gaan erger word, maar beter. Doen net wat ek sê.  Volg my instruksies, stap vir stap….ons begin…

Ek haat die monster se stem.  Maar ek moet luister.

Dis aand.

Ek staan voor die skaal.

MONSTER: klim op

“Nee”

MONSTER:  klim op

Ek gaan staan op die skaal.  Ek weeg 64 kg.  Ek is 21 jaar oud.

MONSTER: jy is vet…sien jy.

Die honger het aan my geknaag.  Die lus vir kos, maar daai monster se stem was harder as die lus vir kos.

Ek wil jou graag vertel toe ek uitgevat is vir ete na ‘n mooi restaurant:

DAGBOEKINSKRYING.

Ek het ‘n boyfriend. Hy wil my uitvat vir ete. Klink lekker. Hy is mooi.  Ek sal my oorgroot klere aantrek.

Ek meet my bo arm met my vingers…soos gewoonlik.

Ek vat ‘n papiersak saam, sit dit in my sak.

Hy klop aan die deur.

Ek maak oop.

Hy kyk my aan…en ek kon in sy oë sien hy hou nie van my klere nie. Dis ok.

Ons sit in die restaurant. Bestel kos.  Die monster se stem is harder as ooit.

Ek gaan mal word.

………….

Wat eet jy? Vra my date.

Sommer net sop. (want ek weet dit sal maklik uitkom)

Wat van ‘n stuk steak?

Sjoe, nee dankie.

Ja….JA….

Hy bestel en die kos kom.  Ek sukkel om na die bord kos te kyk.  Een hap, en ek wil kots. Ek spoeg die kos in ‘n servet uit en gooi dit in die papiersak wat ek saam met my dra.

“Is iets fout?” vra my date

“Nee, alles reg”

Alles is ‘n deurmekaarspul in my kop.

My date eet heerlik.  Dis mooi as hy eet.  Sexy, sou ek sê.

“Is ek vir jou mooi?” vra ek.

“Gaan jy nie eet nie?” vra hy duidelik om nie die vraag te beantwoord nie.

Ek vat nog ‘n hap, kou en proe die lekker van kos.  Ek wil mal word….

MONSTER  Jy sluk nie, spoeg uit

Ek spoeg dit uit in ‘n servet en sit dit in my sak.

“Wat de fok gaan aan? Is jy lekker?” vra my date.

“Ek kan nie sluk nie, keelseer”

“Kak man, jy is siek.  Ek mors my fokken geld op ‘n kots-queen” hy haal sy beursie uit, gooi ‘n paar rand op die tafel en sê ek moet maar die res betaal wat ek uitkots….hy loop.

Ek voel leeg.

Wat nou?

MONSTER: nou het jy gewen….geluk.

“Jy het hulp nodig, kom saam met my” hoor ek ‘n stem.

Agter my staan ‘n man.  Hy lyk vreemd, maar vriendelik.

“Mag ek sit?”

“Ja, maar ek weet nie…”

“Moenie praat nie.  Luister net vir ‘n oomblik na wat jy hoor”

“I’m lucky to be alive” sing Tracy Chapman oor die speaker in die restaurant.

Hy kyk na my en glimlag.

“Ek kan jou help” het hy gesê.

Hy het aan my skouer gevat en gesê:

“Dis cool.  Ek sal die papiersak gou gaan weggooi, kry jou goed en ek stap saam met jou by die restaurant uit” en hy vat die papiersak en gooi dit in ‘n asdrom met ‘n swart sak daarin. Dis weg.

“Kom” het hy gesê…en toe smile hy.

ELF (XI)

EK WENS DAT EK VIR DIE LESER KAN VERDUIDELIK  HOE OM HIERDIE VERHAAL TE LEES…MAAK NIE SAAK NIE, LEES DIT NET IN GODSNAAM…ASSEBLIEF.

 

 

“Want jy sien deur my, soos water, deur my soos water, ja, jy sien deur my soos water”

Die vyfde en sesde koevert.

DAGBOEKINSKRYWING…

Ek het klomp dae verloor.  Ek wonder of ‘verloor’ die regte woord is.

Stilte….

Stilte….

Ek het die vyfde koevert oopgemaak.  Binne in die koevert is ‘n paar stukkies lap en ‘n prentjie van ‘n hand met onnatuurlik dun vingers.

 

DAGBOEKINSKRYWING VOLG…
Waar is my jeug heen?  In ‘n oogwink het ek groot geword.  Ek moes vir lank geslaap het, of dalk weg.  Ek moet gaan werk.

Dis somer.  Ek het ‘n kortmou hemp aan.  ‘n Paar jeuns wat okay-erig sit.  Ek ry in die hoofstraat af.  Verby ‘n paar winkels, mense wat vinnig stap, oumense wat fotos van kleinkinders vir mekaar wys, anties met netjiese hare….ag fok nee.

Ek maak die kar se vensters toe, sit die aircon aan en draai die luggate van die kar oop.  Ek sit die radio kliphard…

EK SIEN DEUR JOU

EK SIEN DEUR JOU SOOS WATER.

EK SIEN DEUR JOU.

En ‘n stem kom by die luggate uit:

DAGBOEKINSKRYWING:

Die monster het nou net met my gepraat.  Die swart hond het ‘n stuk uit my hart gebyt en opgevreet.  Ek weier om verter te skryf….dit stop hier.

……

////////

Ek wil opgooi.

Ek kry ‘n parkeer plek, klim vinnig by die kar uit en stap na die Wimpy toe.  Die reuk maak my mal van honger. Mal van lus. Mal vir die gevoel om ‘n burger in my hand vas te hou…ek is klaar mal anyway.

Ek stap badkamer toe, maak die toilet oop en gooi op, was my gesig en stap uit.

“Kan ons help?” vra iemand.

“Ja”

“Waar wil jy sit?”

“Ek wil nie sit nie”

“Takeaway?”

“Nee”

“Ek wil net ruik.  Mag ek asseblief aan ‘n cheese burger ruik?”

“Jissus, jy is seker mal”

“Mag ek?”

Die monster neem oor.

“Vat die burger van die toonbank af en ruik aan die ding, maar jy hap nie” – MONSTER

Ek doen dit.

Hulle jaag my uit

“Doos” skreeu ek

“Jy sit nie weer jou voete hier nie.  Jy is fucked up man.  Kyk hoe lyk jy. Het jy aids of wat” maak die man keel oop.

Ek hoor niks.

Ek stap by ‘n klerewinkel in.

“Kan ek help?” vra die vrou

“Nee”

“Is jy ok, kind?”

“Ek is nie meer ‘n kind nie. Ek was nog nooit een nie” sê ek

MONSTER: Kry die goed en loop, so gou as wat jy kan.

Ek soek ‘n denim broek, XXL t shirt en ‘n XL check hemp.

“Mag ek dit aanpas?” vra ek

“Dis heeltemal te groot vir jou.  Kyk hoe skraal is jy” sê die vrou, “maar gaan pas maar aan”

Toe ek voor die spieël van die aantrekhokkie staan en my klere uittrek, skrik ek.

Is dit werklik ek wat hier staan?

 

EK SIEN DEUR JOU

EK SIEN DEUR JOU SOOS WATER.

EK SIEN DEUR JOU.

 

“Is dit vir jou mooi?” vra die monster

“Nee” sê ek

“Nou doen iets daaraan” MONSTER

“Ok”

“Wat gaan jy doen?” MONSTER

“Ek sal nog moet diet”

“Nee” sê die monster, “Dis nie genoeg nie. JY MOET OPHOU EET”

“Ek sal dit doen”.

Ek trek die klere aan hulle hang soos lappe aan my.

Ek van my hand en vou dit oor my bo-arm.  My duim en middelvinger moet mekaar kan raak as ek om my biceps vat.  Hulle raak NIE.

“Goed, ek gaan ophou eet”

Dit was die vyfde en sesde koevert. Net so.

DAGBOEKINSKRYWING – MIDDERNAG

Ek kom en gaan, dan verdwyn ek vir dae,  dan kom ek weer terug, gaan weer en verdwyn.  In Gods naam, hou  net ‘n ogie oor my. Ek vra, asseblief.

TIEN (X)

Meteens onthou ek die agtste koevert en sy seël.

Paradoks.

DAGBOEKINSRYWING:

Wat is ‘n paradoks?  Net dit.

Ek het dit vir my skool juffrou gevra?

“Waar het jy daardie woord gehoor?” het sy gevra

“In die kerk. Die Dominee het Sondag daarvan gepraat”

“Dit is as jy iets vertel wat dalk effens snaaks of onmoontlik is maar dat dit tog moontlik kan wees”

“Dankie Juffrou”

Toe klim Paradoks by die koevert uit en skop nes in my brein.

Ek wou nog vir die juffrou vra wat is die verskil tussen ‘n leun en ‘n geheim, maar ek het nie.  Daardie vraag gaan my geheim bly en ek sal dit tog iewers uitvind.  Iemand sal my kan sê.

“Hoekom is jy so snaaks?” het een van die seuns in die klas vir my gevra.

Ek het hom nie geantwoord nie. Aspris nie.

“Jy moet jouself regruk soos ons word, deel van ons” het hy gesê.

Ek het aspris nie gepraat nie.

“Jy moet maats kry, dis nie normaal om so alleen rond te dwaal nie. Die mense gaan dink dat jy mal is”

Ek is nogsteeds aspris.

“Ag, whatever” het die seun gesê en gelag.

Ek het omgedraai en in sy oë gekyk toe vra ek hom reguit:

“Is ek vir jou mooi?”

“Fokkit is jy fokken mal, faggot”

Toe weet ek.

DAGBOEKINSKRYWING

Wat is ‘n faggot? Hy het gevra of ek mal is, dit is ‘n manier om te sê ek is lelik.  Ek het ‘n plan.  Ek kan nie wag dat die skoolklok moet lui vir huistoe-gaan-tyd nie.

 

Na skool het ek vinnig na die kafee toe gehardloop.  Ek het altyd gesorg dat, of hardloop, of baie vinnig stap, want dis oefening en dit help ‘n mens om gewig te verloor. Ek is nie so baie gepla oor die ‘oefen’ deel nie, maar die “gewig verloor’ deel is belangrik.

Ek het by die kafee ingestap.

“n Groot pak slap tjips asseblief, en ‘n halwe wit brood”

“Jy raak te groot vir jou skoene.  Wat is die geheime woord……..?  ASSE……?” het die vrou agter die toonbank gepraat.

My mond het gesê “ASSEBLIEF” my hart het gesê, “Ek is nie jou fokken kind nie nog minder jou maatjie. Gee dit tjips, doen jou werk en hou jou bek” maar ek het dit nie gesê nie.

“Ek gaan gou betaal”

“Kind jy het ‘n gesonde eetlus.  Jy koop elke middag hierdie brood en tjips.  Eet jy dit alleen?”

“Nee, Tannie, my maats eet saam” liege k

“Het jy dan maats”

“Ja, Tannie, ons is drie wat eet” het ek gesê.

Dis nie ‘n lieg nie.  Dis ek, Die monster en Die leun wat saameet.

Terug by die tjips toonbank.

“Sal Tannie sommer die sout so in ‘n koppie gooi. Almal wil nie sout op hulle tjips het nie.  Mag ek seblief ‘n ekstra betertjie met lou water kry, asseblief?”

“Wat doen jy met die lou water?” het die vrou gevra

“Ek spoel my hande daarmee af. Ek hou nie daarvan dat my hande na tjips ruik nie” het ek gesê.

“Eet dan met ‘n vurk” het sy gesê.

“O nee, Tannie, dis so lekker om brood en tjips met die hand te eet”.

“Nes jy dan wil”

Soos ek by die kafee uitstap, groet ek oor my skouer. “Koebaai” dis al.

Ek is haastig.

Ons huis is so twee strate van die kafee af. Ek sal by die volgende straat onder die groot peperboom sit en eet.  Dan die lou soutwater drink.  Dan by die tyd wat ek by die huis kom, sal ek kan opgooi by die lukwart boom.

Die kos mag nie langer as 5 min in my maag bly nie, anders verander dit in vet.

Ek eet vinnig.

EERSTE HAP:

“Fokken faggot” NIKS WERD

TWEEDE HAP

“Jy moet soos ons word” (Dit beteken ek is lelik)

DERDE HAP

Jy moet regkom, kyk hoe lyk jy (Dit beteken ek is abnormal)

VIERDIE HAP, VYFDE HAP, SESDE HAP…….ENS

“Jy is niks. Jy is niks. Jy is ‘n zero. Jy is nogsteeds niks”

LAASTE HAP.

Uiteindellik. Ek beteken iets. Die leegheid in my is gevul.  Die selfwalging is weg.

Dank God dis weg….dalk is dit ‘n Paradoks….ek weet nog nie….ek sal die lou-soutwater sluk.

Maar meteens voel ek vet, dik, lelik….hierdie kos moet nou uit.

Ek het gekots voordat ek by die huis kon kom.

Ek het voor die huis gekots van die seun wat gesê het dat ek myself moet regruk.

Ek het in die kappertjie bedding gekots.

Ek het na die kots gekyk. Ek wou elke stukkie tjip wat ek geeët het daarin tel.

Ek kots weer, die keer in die malva bedding.

Ek kyk weer na die kots, tel die broodkrummels.

Ek kots langs hulle posbus.

Ek het die kots in die beddings toegeskop met sand, maar nie die een by die posbus nie.  Dis vir daai etter van ‘n ou wat gesê het…

“Fokkit is jy fokken mal, faggot”

Ek druk my vinger in my keel en hou hom daar vir ‘n rukkie.

Kots weer langs die posbus.

Dis vir die ‘faggot’ deel.

Ek staan regop, kyk na hulle voordeur en loop weg.

 

 

Daardie aand het ek lekker geslaap, want ek het ‘n rede om more oggend wakker te word. Om weer tjips te koop, te ooreet en by daai ou se posbus gaan kots. Ek sal dit elke dag doen.

Die monster het my getroos.

Die wangedrog het my vasgehou.

Ek is nou veilig, ek is nou iets, ek is nou iemand.

NEGE (IX)

Die negende koevert het gekom en gegaan.  Die negende seël is gebreek.

Toe vlieg daar ‘n skoenlapper uit.  Toe vlieg hy die son in, en brand sy vlerke af.

Vandag skyn die son.  Die winter is verby.

Vandat die eerste koevert oopgemaak is en die seël gebreek het, was daar agt ander koeverte wat verdwyn het. En ek het geen idee waar hulle heen is nie. Ek het eers weer by die negende koevert bygekom.

“Steek nog ‘n stuk brood agter in jou kas weg vir later vannag” het die monster gesê.

“Ek is vet” het ek gesê.

“Doen dan iets” sê die monster

Ek het my kasdeur oopgemaak en my gunstelling broek aangetrek.  Hy pas nie.

Die monster, bang en die grot maak hulle bekke wawyd oop en sluk my in.

Drink dit.

Drink dit vinnig.

Sluk dit af…

Ek maak ‘n beker vol lou soutwater.  Ek sluk dit.  Uit my mond kom die grom, dan dit gil, dan dan skreeu, die roep en toe die kreet.

“OORWINNING” is die kreet.

Op die gras, langs die lukwart boom, soos gewoonlik, lê die hopie braak, kots, kotsel.  Ek kyk daarna, glimlag, en skop dit toe met los sand.  Nooit het ek die sand opgetel om die kotsel toe te maak nie, maar altyd geskop.

“Moenie ‘n siek hond skop terwyl hy lê nie” het die monster gesê.

“Fokof” en ek skop nog sand op die braaksel.

Braaksel is nie die regte woord nie. Dis te mooi. Kotsel.  Die kotsel.  Die hoop kotsel onder ‘n sandhopie.  Ek voel goed.  Die lukwart het my broer geword, die kotsel my pa, die ‘te veel kos in my maag’ my ma, die kreet my suster en ek het ek gebly.

Ek is 18 jaar oud toe dit alles gebeur het.

Die pad is nou oop en met goud uitgelê. Ek kan hom maar stap.

 

DAGBOEKINSKRYWING EEN

Ek het vandag ‘n pakkie Marie biscuits geeët. Ek het die papier verbrand.

Ek het nog ‘n pakkie salty cracks geeët. Die papier is oor die muur gegooi na die bure toe.

Ek het my kreet by die lukwart boom gaan los.

Ek voel baie goed.

DAGBOEKINSKRYWING TWEE.

Ons almal sit om die tafel en eet.

Ek hou van die brood, ek hou van die wors en baie botter.

Nog ‘n stukkie wors.

Nog ‘n bietjie tamatiesous.

Die monster maak sy keel oop.

Ek stap by bang se grot-bek in.

“Ek gaan net gou die tuinslang skuif, hy is  nou al ‘n half uur by die Gesiggies, verskoon my gou” Ek het uitgegaan, lukwart boom toe, my kreet gelos, sand opgeskop en teruggekom tafel toe.  Nog ‘n stukkie wors.  En ‘n stukkie brood vir later.

DAGBOEKINSKRYWING DRIE

Ek voel glad nie skuldig omdat ek lieg nie.
Dis nie lieg nie, dis ‘n geheim….my geheim.

 

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: