vryf jou lyf weer oor my rug,
laat jou kyk oor my skouers val,
laat jou asem oor my hare val
totdat die tevrede in my sug.
Somer 2001.
Ek is dankbaar want ek is vry.
Ek het nie ‘n selfoon nie (Dank God)
Ek het nie ‘n e mail adres nie (Dank God)
Ek het nie ‘n status update nodig nie (Goddank)
En nou stap ek Een-Alleen tot waar die blou-see vir my wink en se: “Kom nader, my Kind, kom sit hier neffens my, sodat ek vir jou ‘n geheim kan vertel”
Ek wil my hande in die see druk en oor my lippe vryf totdat die sout van jou lyf tot agter my tong gaan sit…totdat ek jou kan proe…totdat ek Griekeland in jou proe.
Ek wil myself in jou gaan gooi totdat die onnodige lewe uit my gewas is, en ek skoon op jou klipstrand kan le….Totdat die son oor my lyf kom le.
Ek wil die son vra om my skouers te bevoel, te vryf en te soen…totdat al die strale oor my dans…net soos ‘n koggel-tango.
Dankie dat ek jou kon ken.
Dankie dat jy vir my jou groot geheim vertel het…jou geheim van “Follow the signs…”
En ek het elke teken gevolg, tot hier…die tekens lieg nooit nie.