
dis nou 2:34.15pm
dis asof die son die dink
uit my brein brand, my breinsuiker
oor Tunisia strooi
die kind agter die tralies
se oe wat my met ‘n vraag
gooi…gooi…gooi
en ek bid tot Jesus Christus
en die Moslem vra my om
hom te red uit sy hartseer kyk.
Die son brand nog
stukke breinsuiker uit my brein
en ek vra Die Here God om
dit oor die kind te strooi.
Kind, vat my suiker.
Kind, vat my dink.
Kind, vat my omgee.
Kind, hou vas aan wat jy het.
Kind. Kind. Kind.
En toe knoop daai kind
die groot dink in my los.
Dankie Kind.
Somer 2001
God weet wat ek daai dag gedink het. God alleen weet wat daar in my siel/hart gebeur het:
Pa, hoe verlang ek na jou. Pa, jy wat my hand wil vashou. Pa, jy wat my arm wil gryp. Pa, jy wat my woord wil gryp. Pa, jy wat my bors wil vashou. My bors wat sukkel om asem te kry, gee pa asem. My ribbes wat een vir een kraak en soos ou stukke been uit my borskas val, tot op die grond, tel Pa op en plak dit aanmekaar vas.
My slenterstap en oe wat sukkel om die pad te sien.
My sleepvoete wat te swaar is en my sleeptong wat nie een woord kan uitkry nie.
Pa hou my kniee met altwee hande vas, sodat ek regop kan bly.
Pa gee my tong woorde.
Pa soen my voete.
Pa tel my hand op en steek dit in die lug sodat ek kan juig, Prys God
Pa druk my rug met pa se knieg regop sodat ek nie moet inkonk soos ‘n seer donkie nie.
Pa roep my naam.
Pa roep my naam.
En die kind agter die tralies antwoord my:
Bly staan, vreemdeling. Bly regop Reisiger. Bly op die pad Toeris.
Ek kyk weer na die kind, kyk weg en toe kom die son op, die see breek oop en ek kry ‘n pad tot by pa…want pa is pa.
Kind, gooi jou breinsuiker oor die tralies, oor die pad, oor die see, oor die son en skreeu al die lug uit jou longe uit, want Nou is NOU…NOU…NOU..Nou…nou
Dankie kind.
foto geneem van video tape voor die dae van digital…want dis bliksems mooi.
Like this:
Like Loading...