ALEXANDER EN SY EIE BRANDER

ALEXANDER EN SY EIE BRANDER

Alexander lê op sy single bed in sy kamer.  Iewers in die kombuis hoor hy dat sy ma of wasgoed was, of afdroog of altwee.  Maar dit raas.  Dit irriteer hom.  Kan sy nie ‘n dishwasher kry nie?  Bleddie wil.

Hy lê kaal bolyf net met sy skoolbroek aan.  Hy maak nooit sy skoenveters los nie, trap so met die een voet op die hak van die ander skoen en skuur so die skoene van sy voete af.  Gewoonlik trek sy kouse ook so halpad saam.  Die voorpunt van die kous hang slap van die voetened van die bed af, terwyl die ander deel halmas aan sy voete klou.

Hy wil sy tape deck aansit om na ‘n tape te luister.

“Die bleddie skottelgoed-klank maak my mal” praat hy met homself.

Hy haal ‘n tennsibal van sy bedkassie af en gooi die ding teen die muur voor hom.  Dit bons terug nah om en hy vang dit.  Gooi, Vang, Gooi Vang.

Teen die muur is ACDC posters met prestick vasgeplak.

“Lock up your daughter. ACDC” lees die poster met ‘n man wat met groot bangmaak oë pose.

“For those who about to rock, we salute you. ACDC” is die ander poster met ‘n man wat woedend aan ‘n kitaar ruk..

“Ek bleddie wil like daai posters. Ek laaik daai band ook” sê Alexander

“Seun, hou tog op met daai tennisbal teen die muur!” skreeu sy ma, maar nie kwaai nie, net hard.  Soos in keel-oopmaak van ‘n opera sangeres.

“Ja, Ma”

Hy gooi die bal weer.  Dit tref die ou op die ACDC poster tussen die oë.  “Lock up your daughters”…hy smile vir daai woorde.  “Fokkit” dink hy.

Dis ‘n warm somers middag.  Hy lê sonder hemp met sy hande agter sy kop gevou.

Die fyn haartjies onder sy arms begin gesig wys, nog geen borshare in sig nie, maar darm ‘n paar wat kruip-kruip by sy naeltjie verby groei na wie weet waar.

Klop-Klop-Klop

“Ja ma?”

“Kan ek inkom?”

“Ja”

“Jy moet bietjie uit jou kamer kom.  Jy kan nie heeldag op die bed lê en met jou tennisbal speel nie.  Ek mind nie daai posters teen jou muur nie, maar dis so bietjie ongesond om so daarna te staar”

“ja Ma”

“Wil jy ‘n sandwich hê?”

“Seblief”

“Peaunut botter en stroop?”

“Ja ma”

“Gaan jy nie rugby oefen vandag nie?”

“Nee, Ma”

“Hoekom nie?”

“Oolat ek nie lus is nie, Ma.  Ek wil net hier in die huis bly”

Sy ma stap by die deur uit en trek dit saggies toe. Sy kyk terug en skud haar kop

“Highway to Hell. ACDC live”

“Aai tog.  Dalk kan die kind ‘n poster van Audrey Hepburn opsit” dink sy.  Maar daai dink gly by haar kop uit en gaan sit in haar mond in die vorm van ‘n smile.

Alexander kom uit sy kamer.

(Vir film doeleindes is dit ‘n close up op sy voete met die kouse aan.  Dan trek die kamera weg en jy sien die ACDC poster teen sy deur en hy wat voor die deur staan)

“Het jy gesien dat ons nuwe bure het?” vra sy ma

“Nee, nog nie so gekyk nie”

“Waaraan dink jy as jy so alleen in jou kamer lê?”

“Alles”

Sy weet as hy eers “Alles” dan kan sy maar los.  Hy slaan toe.

“Het jy darm al maats gemaak hier by die skool?”

“so hier en daar”

Alexa gaan staan voor die kombuis venster en trek die gordyn so effens weg.

“Alexander, het jy die bure gesien?  Die outjie daar lyk nogal interessant, opwindend” praat Alexander se ma.

“Nog nie so gekyk nie” sê Alexander en vat ‘n hap uit die toebroodjie.  ‘n Groot hap.

“Kom kyk!”

“Ma, hou op karring. Ek traak nie oor bure en opwindende mense nie.  Ek traak nie oor die dorp of sy mense nie.  Ek traak niks”  Alexander staan op en loop terug na sy kamer.  Hy sit ‘n ACDC tape in die tape deck.  Kliphard.

Hy gaan staan voor die spieël in sy kamer, bekyk homself van kop tot tone.  Hy vryf oor sy bolyf, dan sy maag, draai om, kyk na sy rug.  Hy kyk hoe sy boude in die skoolbroek span.  Hy kyk na sy donker-blonde kuif wat deurmekaar is.

“Lock up your daughters” lees hy

“Highway to hell” sing hy.

Dis vroegaand en goed skemer buite

Hy trek sy Metallica t shirt aan:

Dit lees:

“Boredom comes from a boring mind”

Hy stap die skemer binne totdat dit donker word in hom.

DEEL EEN

ALEXANDER EN AFRODITE

Tydens my matriek-jaar word my pa verplaas, weens sy kontrak werk, na ‘n klein dorpie iewers waar niks is nie.  Ons moes sak en pak trek.  Ek moes afskeid neem van vriende, geliefdes, bome, groentetuin en my hond.

“Daar is nie plek vir die hond” het hy gesê.  Toe breek daar ‘n storm los en dit reën vir dae aaneen.

Ek moes afskeid neem van die koor waarin ek sing, my vriendin by die Meuseum, en die outjie wat blomme rangskik by die bloemiste.  Na die reën het ‘n geweldige haelstrom gekom en alles platgeslaan, dit sluit my drome ook in.

HOOFSTUK 2

Ek moes maar van ‘n slegte saak ‘n goeie saak maak.

Ons bure in die gatlike ou dorpie was spesiaal.  Die Tannie het lang los lappe vir rokke gedra met ‘n band om die kop.  Sy het klomp ringe aangehad.

“Costume Jewellery, Skapie” het sy gesê.

“Jy kan van die ringe aanpas” en dan het sy my opgemaak.  Dit was lekker.  Sy het seker die andersgeite in my raakgesien.  Ek sweer tot vandag toe nog dat sy kon Koppies Lees. Soos in teeblare.

“Jy moet hierdie pruik van my opsit.  En die serpie om jou kop vasbind.  Dit sal by jou pas”

Ek het dit dan met oorgawe gedoen.

Tot ‘n op dag wat die aarde verkeerde kant toe begin draai het en die winde uit klomp verskillende rigtings gewaai het….

HOOFSTUK 3

Toe kom Alexander by  die voordeur uitgestap.  Kortbroek wat my na ander lande laat verlang, Die valley van Verlateneid en bo-bene soos die White cliffs of Dover en ‘n gesig soos die uitgekerfde beeld by ‘n kunsuitstalling.  Sy maagspiere lê  soos ‘n kitaal se snare oor sy middel-lyf en dit voel vir my asof ek ‘n serenade daarop wil tokkel.

Hy was die mooiste mens wat ek nog in my lewe gesien het.

(Ek gaan nou oorgaan in die teenwoorde tyd soos in ‘n fliek)

HY sien my starend staan en loop nader.

“Hallo.  Is jy die outjie wat altyd by my ma kom kuier?” vra hy

“Ja”

“Sy laaikit kwaai.  Sy het nie juis vriende nie.  Hulle sê dat sy mal is”

“Ek hou baie van haar”

“Sy van jou ook”

“Jy moet Alexander wees?” vra ek

“Ja, Alex in kort.  My ma laaik om my Alexander te doen.  Sy sê dis dramaties.

“Ek hou ook van Alexander.”

“Jy kan my noem net wat jy wil”

“Ek hoor die ouens se ouers waarksu hulle kinders teen jou” sê hy en staan met sy hande in sy sakke. Die kitaar smeek vir daai serenade en die White Cliffs of Dover blink in die son.

“Ek weet.  Dis ok” sê ek.

“Ek steur my nie veel aan die mense nie.  Ek is ‘n lonener.  Jy weet.  ‘n Vlieg solo” sê Alexander en gaan sit langbeen op die gras.

“Kom sit hier by my.  Ek organise vir ons iets om te drink”

“Dankie”

Ek stap teen die draadheining af, om by die hek uit te gaan en by hulle kant se hek weer in.

“Nee bliksem man, spring oor die draad.” Sê hy.

Ek het nog nooit oor ‘n draad gespring nie.

“Kom ek help jou” en hy staan op.

In die pad stap ‘n paar matriek seuns verby.  Hulle kyk na my.  Een sê iets en die ander lag.  En maak ‘n snaakse beweging met sy hande en arms.  Die ander lag harder.

Ek kyk na hulle, dan na Alexander.  Dalk gaan hy saam met hulle lag.  After all, dis van sy klasmaats en wat gaan hulle dink as hulle moet sien dat Alexander vir my oor hierdie heiningdraad help klim?

“Dis ok, Alexander.  Ons kan volgende keer.  Daai ouens kyk en lag.  Wat gaan hulle sê as hulle nou moet sien jy meng met my, praat nie eens van oor die draad klim nie.”

Alexander kyk na hulle, draai sy lyf meer na hulle kant toe.  Haal sy hand uit sy sak en groet met sy pinkie en wysvinger in die lug, soos die heavy metal bands doen.

“Ons sien jou later op die rugbyveld?” skreeu een seun.

“Dalk.  Ek sal sien.”

“Nee Tjom, stap saam met ons”

Ek draai stil stil om sodat ek kan verdwyn.

“Hey, wag, moenie loop nie” sê Alexander.

“Is die Enetjie jou nuwe pel?” vra een van die seuns en lag.

“Ja” sê Alexander.

“Berge val op my en heuwels bedek my” bid ek.

“Ok, Check jou” sê die ouens in die straat.

“Is jy nie bang hulle spot jou soos hulle met my spot nie?” vra ek

“Wat is daar om oor te spot?”

“Jy weet, ek is nie juis die rugbyveld tipe ou nie”

“So what?”

“Kom ek help jou om oor die draad te klim.”

“Ek weet darm nie”

“Kom, jy kan oor hierdie draad klim. Ek help”

Ek klim oor die draad.  Hy vat my aan my een hand en ek druk met my hand op sy regterskouer.  Die vel warm gebak deur die son.  Dis asof ek aan ‘n engel vat (nie dat ek al aan ‘n engel gevat het nie).

En daar klim ek oor die draad, en ‘n nuwe wêreld gaan vir my oop.

HOOFSTUK 4

Ek kan tot vandag toe nie glo dat ek oor daardie draad geklim het nie, en dit afterall met die hulp van die mooiste seun in matriek.

Ons het lank op die gras gesit en gesels.  Sy ma het uitgekom en koeldrank gebring.

“Hallo, Skattie” groet sy

“Hallo Tannie”

“Ag Skattie, noem my tog Alexa.” Sê sy

“Goed, so Alexa.  Jy lyk mooi vandag”

“Dankie, Skattie.  Hierie materiaal wat ek om my het kom van Morocco af”

“Dis baie mooi”

“JY kan dit eendag leen as jy dit nodig het, Skattie”.

Sy het weggestap.

“Sorry, my ma is bietjie weird” sê Alexander.

“Ek hou van haar”

“Ja, die ou lady is nie te bad nie.”

“Kom ons gaan stap ‘n entjie” sê Alexander toe ons klaar koeldrank gedrink het.

(Dis in hierdie deel van my verhaal waar dinge bietjie vinnig gebeur en hand uitruk)

Alexander het opgestaan, my glas gevat en nogal sy hand uitgesteek om my op te help.

(Ek weet wat julle dink, maar dis nie so nie)

HY het my hand so oor die duim gevat soos mense maar mekaar help om op te staan. Sommige mans groet mekaar so.  Dis soos ‘n skewe handdruk. Jy weet?

“Kom” sê hy

Dis nie juis dat ek kan weier en NEE sê nie.

Ons het gestap tot buite die dorp, aan die Noorde kant, en daar by die rivier gaan sit.  Dis stil.  Dis mooi.  Dis alles wat ek nog in ‘n boeke gelees het.

“Kom ons gaan swem” sê hy.

“Ek het nie my swembroek gebring nie”

“Ek ook nie” en hy lag.

Hy maak die boonste knoop van sy broek los. Trek die zip af en skop die broek eenkant toe.  Kaal.

Hier voor my staan al die Griekse Gode in elke boek wat nog geskryf is.

Afrodite  – (liefde, vrugbaarheid, skoonheid en beskermer van die plante- en dierewêreld

Artemis – (maan, jag, maagde, wilde diere en kuisheid, maar ook vrugbaarheid)

Die lam lê in my hele lyf.

“Kom, trek uit en swem saam”

“Ek is te skaam. Ek kan nie”

“Skaam vir wat?”

“Vir alles”

“Dis net ek en jy, fok die skaam”

“Wat gaan die mense sê?”

“Fok die mense”

“Ek weet darm nie”

“Jy weet, maak net daardie ‘weet’ in jou hart los” sê Alexander.

“Kom nou, ek gaan jou help.” Sê hy in ‘n sagter stem.

“Ek is nie so mooi soos jy nie” probeer ek keer vanuit ‘n ander hoek.

“Hey, luister nou na my” en hy kom sit langs my.  Hy skop sy bene voor hom uit en lê terug op sy elmboë.

AFRODITE, ARTEMIS….

AFRODITE, ARTEMIS…. Sing dit deur my kop.

“Dit werk so,” begin hy praat terwyl hy na die wolke en takke-dak kyk.

“Daar is nie so iets soos mooi nie. Daar is ook nie so iets soos lelik nie. Mense neem fotos van die mooiste blomme, bome, sonsondergang, die blou see, ‘n dooie boom, ‘n mooi kar en en wrak langs die pad.  Selfs ‘n donkiekar word ageneem en geraam.  Dit word selfs in boeke gedruk. Mense maak plakboeke van daardie fotos, sit dit in rame, vergroot dit en plak dit selfs teen mure vas.”

My mond hang oop vir hierdie Alexander wat nakend langs my lê en soos ‘n gedig praat.

“KOm nou” sê hy

En daar op die rivier wal, tussen die doringbome, blou-oop-hemel en riviersand trek hy my klere uit.

Hy glimlag.

Ek glimlag terug.

Ons stap die rivier in.

Die son brand op my skouers en ons koppe verdwyn onder die water.

Dis bruin modder water, nie helder soos ‘n eiland-see nie, maar dis mooi.

LAASTE HOOFSTUK

Ek het op my maag op die warm sandbedding gaan lê, hy op sy rug. En die water druppels maak diamante op sy bruin lyf.  ‘n STraaltjie loop by sy maag af, verby sy naeltjie tot by sy lieste uit. (White cliffs of Dover) sing dit deur my.

“Hey, sien vandag het jy my fotoraam geword.  My plakboek.  My prentjie” en hy vryf oor my kaal rug.

“Afrodite” fluister ek.

“Ja” sê hy

Die hoofstukke het meteens opgehou, maar nie die storie nie.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: