ALEXANDER EN SY EIE BRANDER
Alexander lê op sy single bed in sy kamer. Iewers in die kombuis hoor hy dat sy ma of wasgoed was, of afdroog of altwee. Maar dit raas. Dit irriteer hom. Kan sy nie ‘n dishwasher kry nie? Bleddie wil.
Hy lê kaal bolyf net met sy skoolbroek aan. Hy maak nooit sy skoenveters los nie, trap so met die een voet op die hak van die ander skoen en skuur so die skoene van sy voete af. Gewoonlik trek sy kouse ook so halpad saam. Die voorpunt van die kous hang slap van die voetened van die bed af, terwyl die ander deel halmas aan sy voete klou.
Hy wil sy tape deck aansit om na ‘n tape te luister.
“Die bleddie skottelgoed-klank maak my mal” praat hy met homself.
Hy haal ‘n tennsibal van sy bedkassie af en gooi die ding teen die muur voor hom. Dit bons terug nah om en hy vang dit. Gooi, Vang, Gooi Vang.
Teen die muur is ACDC posters met prestick vasgeplak.
“Lock up your daughter. ACDC” lees die poster met ‘n man wat met groot bangmaak oë pose.
“For those who about to rock, we salute you. ACDC” is die ander poster met ‘n man wat woedend aan ‘n kitaar ruk..
“Ek bleddie wil like daai posters. Ek laaik daai band ook” sê Alexander
“Seun, hou tog op met daai tennisbal teen die muur!” skreeu sy ma, maar nie kwaai nie, net hard. Soos in keel-oopmaak van ‘n opera sangeres.
“Ja, Ma”
Hy gooi die bal weer. Dit tref die ou op die ACDC poster tussen die oë. “Lock up your daughters”…hy smile vir daai woorde. “Fokkit” dink hy.
Dis ‘n warm somers middag. Hy lê sonder hemp met sy hande agter sy kop gevou.
Die fyn haartjies onder sy arms begin gesig wys, nog geen borshare in sig nie, maar darm ‘n paar wat kruip-kruip by sy naeltjie verby groei na wie weet waar.
Klop-Klop-Klop
“Ja ma?”
“Kan ek inkom?”
“Ja”
“Jy moet bietjie uit jou kamer kom. Jy kan nie heeldag op die bed lê en met jou tennisbal speel nie. Ek mind nie daai posters teen jou muur nie, maar dis so bietjie ongesond om so daarna te staar”
“ja Ma”
“Wil jy ‘n sandwich hê?”
“Seblief”
“Peaunut botter en stroop?”
“Ja ma”
“Gaan jy nie rugby oefen vandag nie?”
“Nee, Ma”
“Hoekom nie?”
“Oolat ek nie lus is nie, Ma. Ek wil net hier in die huis bly”
Sy ma stap by die deur uit en trek dit saggies toe. Sy kyk terug en skud haar kop
“Highway to Hell. ACDC live”
“Aai tog. Dalk kan die kind ‘n poster van Audrey Hepburn opsit” dink sy. Maar daai dink gly by haar kop uit en gaan sit in haar mond in die vorm van ‘n smile.
Alexander kom uit sy kamer.
(Vir film doeleindes is dit ‘n close up op sy voete met die kouse aan. Dan trek die kamera weg en jy sien die ACDC poster teen sy deur en hy wat voor die deur staan)
“Het jy gesien dat ons nuwe bure het?” vra sy ma
“Nee, nog nie so gekyk nie”
“Waaraan dink jy as jy so alleen in jou kamer lê?”
“Alles”
Sy weet as hy eers “Alles” dan kan sy maar los. Hy slaan toe.
“Het jy darm al maats gemaak hier by die skool?”
“so hier en daar”
Alexa gaan staan voor die kombuis venster en trek die gordyn so effens weg.
“Alexander, het jy die bure gesien? Die outjie daar lyk nogal interessant, opwindend” praat Alexander se ma.
“Nog nie so gekyk nie” sê Alexander en vat ‘n hap uit die toebroodjie. ‘n Groot hap.
“Kom kyk!”
“Ma, hou op karring. Ek traak nie oor bure en opwindende mense nie. Ek traak nie oor die dorp of sy mense nie. Ek traak niks” Alexander staan op en loop terug na sy kamer. Hy sit ‘n ACDC tape in die tape deck. Kliphard.
Hy gaan staan voor die spieël in sy kamer, bekyk homself van kop tot tone. Hy vryf oor sy bolyf, dan sy maag, draai om, kyk na sy rug. Hy kyk hoe sy boude in die skoolbroek span. Hy kyk na sy donker-blonde kuif wat deurmekaar is.
“Lock up your daughters” lees hy
“Highway to hell” sing hy.
Dis vroegaand en goed skemer buite
Hy trek sy Metallica t shirt aan:
Dit lees:
“Boredom comes from a boring mind”
Hy stap die skemer binne totdat dit donker word in hom.