BLOMME

Soos elke somer – laat – middag, na die donderbui oor Johannesburg, sit Tannie Hessie Benson onder die wilgerboom in haar tuin.
Sy se altyd dat mens daardie storm ver hoor aankom en die blitse ver sien aankom, dan weet jy om al die spieels toe te gooi, gordyne toe te trek en te wag.
As daardie storm eers verby is, is die groen van die bome nog groener, die kleure van die Kannas teen die Heining helderder en die reuk van die gesnyde gras ruik soos gras.
Vanmiddag sit ek saam met haar, onder die boom. Die storm is verby.
“Dis mooi” se Tannie Hessie
“Dit is” se ek
“Dis wonderlik, Kind” se sy
“dit is” se ek
“Jong, Kind, dis wonderlik om te sien hoe my yesterday, today en tomorrow so mooi blom. Hy ruik mos baie soeter in die aand as in die dag.”
“Hoekom dan so Tannie?”
“Jy vra my die Here se geheim.”
“Maar hy is tog so mooi. Die blaartjies wat so wit en blou is. En tog sy fyntjies. Kindjie, hulle lyk soos Griekeland, maar ruik soos AFrika. Dis bietjie deurmekaar, maar ons almal is mos maar bietjie deurmekaar. Maar die belangrikste is dat ons altyd mooi bly.”
Ek dink diep oor hierdie woorde en sien hoe sy nog ‘n blou en wit blommetjie tussen haar Bybel se blaaie sit.
“Dit bly mooi, al is hy droog… Net soos ons….”

TRONKBESOEK SIEKEBOEK

VIR STIAAN

DEEL EEN

Terwyl ek sit en wag, sien ek dat ’n vaal kat oor die straat hardloop, deur ’n heining kruip en tussen die bome in verdwyn. Hy steek homself agter ’n akker boom weg.

Op ’n lamppaal waaraan ’n spotlight is, sit ’n Hadida en bekyk die wêreld van bo af.

Ek hoor die klomp mense om my praat. Een lag, een kla dan is daar hier en daar mense wat net sit en staar na die niks.

“Vir wat sal jy nou hier wil rondloop?” vra ek vir die kat.
Die kat sê niks en verdwyn.

“En jy, Voël, vir wat sal jy juis hierdie paal met die spotlight kies? Daar is duisende ander lamppale?” vra ek vir Hadida.
Hy kyk my net aan en vlieg stil-stil tot by ’n ander lamppaal.

Iemand roep my naam en ek stap in.
Die traliehekke slaan agter my toe. Nog ’n hek gaan oop en ’n klos sleutels maak ’n kermgeluid in ’n wag se hande.
Ek is in.
Die tralies maak my nie bang nie. Ek het geleer om die bang weg te jaag. Soos wat mens vlieë om jou bord kos sal wegjaag.

DEEL TWEE

Toe ek voor jou staan, toe voel ek klein. Sommer baie klein. Ek het laas so klein gevoel toe ek voor die koningboom in die Knysna-woud gaan staan het. Klein in lyf, maar ook klein in die gees.

Ek steek my hand uit om jou te groet. Jy groet terug.

“Ek is baie nervous” sê jy.
“Moenie wees nie. Ek is hier om te visit. daai is al. Jy weet…..te gesels oor enige stront.” praat ek die bang in myself weg.
Jou hande bewe. My hart bewe.

DEEL DRIE.
Ons gesels het van ’n stappie na ’n galop gevorder. Lekker.
En toe gebeur die wonderwerk.
Jy praat in ’n ritme wat musiek maak. Jou hande val by daai ritme in en ek luister nie met my ore na jou nie, maar met my siel.
“Hou aan praat” soebat ek in myself.
Jy praat.
Nog ritme. Nog rympies. Nog wysheid. Nog omgee. Nog liefde. My siel hoor dit en laaik dit.
Jou hande praat saam met jou mond, saam met jou lippe en saam met jou siel.
Ek kyk jou aan met toe oë, maar ek sien jou met my binne-oog.
Ek hoor jou praat met my ore, maar luister na jou met my siel so oor.

Dis mooi.

Die houtbankies is kliphard en die tafelblad moes al baie stories en trane sien en hoor.

My hande hang langs my en ek speel met my veters. Jy sing die mooiste lied vir my en alles word stil.

Die mense om my se stemme raak weg, dis net jou lied wat deur die tralies trek, oor die hoë mure, verby die wagte, deur hekke en deur slotte, tot binne in my hart. Daar gaan lê jou lied.

Ek vang elke woord op, vou dit in my hande toe en sit dit in my sakke om later weer daarna te luister.
Ritme….woorde….hande….
hande….ritme…..woorde…..
Jy wys die drie sterre op jou skouer. Daai tattoo moes bleddie seer gewees het. Net net lyf seer nie, maar hartseer. Dis ’n gangster tattoo.

“Nee wat. Dit was ok” sê jy.
“Ek het rang gehad” praat jy verder.

My hart sê dat jy nie ’n drie-ster mens is nie, maar ’n vyf-ster mens. Soos in ’n five star hotel. You know?
Jy vertel my hoe jy water warm maak vir jou skotteltjie.
Ek lag eers, maar toe jaag ek die lag weg. Hoe kan ek in so serious conversation lag?, vra ek myself die vraag.
“Jy is ’n amazing ou” sê ekke.
“Dankie, ek waardeer daai woorde”

Jy praat nog baie prate en woorde. Ek vang elke een op, vou dit in my handpalm toe en sit dit in my baadjie se sak vir later luister.

“Ek wens dat ek jou wysheid het” sê ek.
Jy lag net.
“Ek werk in die kliniek. Ek skryf nuwe mense se name in ’n boek en gee pille vir die wat siek is” vertel jy.
Ek sien die gesondmaak in jou hande.

“Kyk, daar is my sel. My klere hang buite om droog te word. Ek het ’n enkel sel”
Ek kyk om en sien ’n paar lappies klere netjies aan ’n tou hang.

Dis tyd vir groet.

DEEL VIER

Toe ek jou groet, gee ek vir jou ’n druk. Soos ’n broer. My hart is diep geroer.
“Jy moet safe wees” sê hy.
“Jy ook” sê ek.

Toe ek buite kom, sien ek die kat agter die boom uitloer. Hy knipoog vir my.
Die hadida span sy vlerke oop, vlieg weg en sing die mooiste lied wat ek vang en in my baadjie se sakke druk, saam met jou woorde.
Jou tyd sal kom wanneer jou lied oor die wêreld gesing sal word en dat jy vry sal kan wegvlieg, net soos Hadida.

“Baai for now, Tronk” en ek stap weg.

-tronkbesoek 2022-08-06-
vir Stiaan.

DIE WOUDMAN

DIE WOUDMAN
2022-06-15

So entjie buite die dorp is die mooiste woud wat jy in jou lewe nog gesien het.
In die woud groei al die koning-bome. Geelhout, Stinkhout, Swarthout en nog baie ander wiese name ek nou al vergeet het. Maar dit maak nie saak nie.

Niemand het ooit in die woud gaan stap of piekniek hou nie. Hulle was vreesbevange-bang vir die woud. Jy noem net die woud iewers in die dorp en die mense lyk of hulle horries kry.

Op ‘n dag toe vra ek vir Babsie, wat by die Tuisnywerheid werk, hoekom die mense so bang is vir die woud. Ek vra maar toe net uit nuuskierigheid uit, want Babsie by die Tuisnywerheid ken almal en elkeen se storie op die dorp.
Sy vertel toe vir my dat Bakster nr A23, die vrou wat die lemoenkoeke bak, vir haar vertel het dat daar ‘n demon van ‘n man in die woud woon. Hy toor ‘n mens. Babsie sê Bakster A23 van die lemoenkoeke sê dat daar ‘n man in die woud woon wat hou ophou met toordery en heksery.
“Maar dit kan nie wees nie Antie Babsie” sê ek en om net die ding bietjie dikker te maak lieg ek by en sê vir Babsie van die Tuisnywerheid dat ek al in die woud gestap het en niks gewaar het nie.
“Kind, moet asseblief nooit weer dit doen nie. Daai man het so gek geword dat die malligheid in sy harsings gaan sit het en as die malligheid eers in jou harsings sit, is dit verby. Jy kom nooit weer reg nie, sê Lydia by die sentrale vir my” praat Antie Babsie sonder om asem te haal.
Om die vrede te bewaar sê ek toe nou maar dat ek nooit weer in die woud sal gaan stap nie.
Ek koop toe sommer Bakster A23 se lemoenkoek en stap uit.
Ek kan mos nou voel hoe Antie Babsie my agterna bekyk, net om vir Lydia by die sentrale te bel sodat Lydia vir Bakster A23 kan bel om die storie te vertel.

Ek wag tot so agtermiddag toe ek Bakster A23 se lemoenkoek in ‘n paar snye sny, dit in ‘n bakkie sit en woud te te stap.

Al kruipend en sluipend stap ek van boom tot boom, bos tot bos, ook maar aan die bang kant, maar braaf genoeg om te sien of ek die man kan sien wie se malgeid in die harsings loop sit het.
So stap ek tot skemer deur die woud, sien niks nie en gaan huistoe.
Ek besluit om vir niemand te vertel nie.
My ma sê altyd dat Miems wat op die plotte bly sê, mens vertel nie alles vir die mense nie. Sommige dinge hou jy vir jouself.

So gaan dit toe aan vir maande, later ‘n jaar, later ‘n jaar en ‘n half, twee jaar, drie jaar, vier en ‘n half jaar tot amper 10 jaar wat ek deur die woud sluip opsoek na die man wie se gekgeit in sy harsings gaan sit het en ek vertel vir niemand nie.

Op ‘n dag, dit was ‘n Vrydag, toe ek weer deur die woud stap, so namiddag se kant, staan ek agter die mooiste geelhoutboom wat ek nog gesien het. Ek vergeet om bang te wees en vryf oor die stam van die boom. Dis asof die boom se hartklop in my hartklop kom lê het. Doef….Doef….Doef…

“Hierdie boom het jou klaar gekies. Sy hartklop val by jou hartklop in” praat iemand agter my.
Ek skrik nie. Weet jy, dis asof ek geweet het dat iemand gaan praat.
Ek kyk om.
Daar staan ‘n baie ou man met lang grys hare, soos toutjies, ‘n lang baard, potblou oë wat glimlag en stukke lappe vir klere, en hy kyk my aan soos ek nog nooit aangekyk is nie. Diep kyk.

Met ‘n baie stadige, kraakstem sê die Woudman dat hy my al vir jare dophou. Ek moet saam met hom stap. Ek verwonder my aan die man en sien toe die mooiste Wolf-pels om sy skouers hang. Spierwit wolf. Baie mooi.

Na ‘n uur se stille stap, stop ons by sy houthuis. Dis mooi.
Die huis staan onder ‘n geelhoutboom en iewers agter die huis hoor ek ‘n waterval, maar ek sien niks nie.
“As die wind reg waai, hoor jy hom tot hier” praat die Woudman met my.
“Dis mooi” sê ek.
“Moenie bang wees nie. Ek wil vir jou ‘n storie vertel” praat die Woudman verder.

Hy begin:
“As jongmens, baie jare gelede, het ek hier kom woon. Hier tussen diere en bome. So na ‘n jaar kom ek toe agter dat ‘n wolf my agtervolg, oral waar ek gaan. Maar snaaks, ek was nooit bang vir die wolf nie.
Snags het hy langs my by die vuur kom sit en as ek kooi toe gaan het hy so langs, byna op my voete, kom lê.
Ek het maar gewoond geraak aan die wolf en dit so aanvaar en nooit enige vrae gevra nie.
Soms het Wolf vir ‘n dag of so weggebly, dan weer opgedaag met ‘n ding in die bek. Of ‘n veer van ‘n arend of ‘n geraamte van iets. Hy het dit dan hier langs my kom neersit.
Die Arend se vere het ek dan maar in hierdie houtpotjie gesit. Kyk hier” en hy wys vir my, “hier is al die vere”
My mond hang oop.
En toe Oom? Vra ek

“Op ‘n dag, toe Wolf nou al goed lank in die tand is en nie meer so baie wil rondloop nie, het hy my in die oë gekyk en met sy siel vir my gesê dat wanneer hy die dag doodgaan, ek sy pels moet afsny en die mooiste karos vir my maak. Dis die pels van wysheid” het Wolf my aangesê met sy oë.
“Kon Oom dan Wolftaal verstaan” vra ek
“As jy lank saam met ‘n dier bly en jou siel is reg, hoor jy as hy met jou praat. Diere praat net met mense wie se siele reg is” sê die Woudman
Hy gee die Wolf-Karos vir my aan om te voel. Dis so sag.
“Nou ja, toe Wolf doodgaan het ek die vel afgesny en die res van Wolf begrawe. My hart was seer.
Maar in die Wolf-Karos het ek wysheid gevoel en snags wanneer ek die karos oor my trek, het die wonderlikste goed in my kop kom lê. Soms het ek my verwonder aan my eie gedagtes, maar ek het geweet dat dit van Wolf af kom.”
“Dis ‘n mooi storie” sê ek
“Hierdie is nie ‘n storie nie, dis die waarheid.” en die
Woudman gooi nog ‘n stuk hout op die vuur.
Ek sien die houtpotjie vol vere.
“Daai vere dra groot stories en wyshede. Wanneer Wolf so weggeraak het vir dae, het hy na die waterval, wat jy hier agter hoor, gegaan, tussen die rotse en kranse geklim, tot heel bo, daar waar geen mens kan klim nie. Daar het Arend gebly. Arend het dan ‘n veer of twee laat val en Wolf het dit vir my gebring. As ek nou mooi dink, dit was met volmaan wat Wolf dit gedoen het.
Ek het die vere mooi gebere, soos jy kan sien.”
Ek kyk die Woudman aan met verwonderring.
“Gaan haal daai houtpotjie met die vere vir my. My ou bene is styf van die koue en die vuur maak my voetsole warm” sê die ou man.
Ek doen dit.
Stadig haal hy ‘n veer uit die potjie, hou dit so teen die vuur, prewe iets en vryf met hande vol liefde oor die veer. Hy gee die veer vir my.
Hy haal nog ‘n veer uit en doen dieselfde.
“Nou ja, Kind, hier is jou eerste vere. Kom, dan druk ek hulle in jou vlerke, want ek kan sien dat jy gebore is om te vlieg en nie te kruip nie. Hier is jou vlerke, vlieg nou” sê die Woudman
Ek staan op, vryf oor Wolf-Karos, kyk die Ou Man in die oë en toe glimlag hy vir my.
Daardie dag het ek gevlieg, ver van die wrede wêreld met sy wrede mense, tot bo by die waterval en daar het ek gebly vir die res van my lewe.

‘N PEN

Nog nooit in my lewe het ek gesien dat mense oor ‘n pen baklei nie.

Daar moet vormpies ingevul word, 20 mense een pen. Goddank het ek ‘n pen in my hand.

“Sorg dat jou vorm perfek en netjies is” sê ek vir myself. Ek doen dit ook so.

Die mense dwaal, frons en gaan soos wilde diere aan, sommige weet nie watter kant toe nie (soos ek) maar ek probeer kophou.

Met vorm, pen en ID book stap ek die vertrek binne en daar is dit asof mens na ‘n Red Hanger sale by Edgars kyk. Mense, mense mense

Die een skreeu dit, daai een kla oor die en daai, ek bly stil. Na ‘n paar minute se sit en wag vir die volgende toonbank om my te sien, tel ek my voete op, en stap uit. Net weg. Ek verdwyn.

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: