MY BOSHUIS EN DIE SLAK

MY BOSHUIS EN DIE SLAK

Vanoggend vra ek vir myself of my houthut (of soos ek sê, my Stillasie) in ’n woud of ’n bos is?

Ek ken nie die antwoord nie, maar wat maak daai tog saak?

Daar is so baie mense wat vir my vra waar my boshuis is en hoe dit daar lyk. Dis my geheim. Al wat ek kan sê is dat dit glad nie fancy is nie, maar daar is baie geheime.

Vanoggend vroeg toe ek die blare-voetpad afstap tot by die groot Akkerboom, stap ek amper verby Slak wat op ’n groot blaar sit.

Slak groet my.
Ek groet terug.

Vra hoe dit gaan en al daai klas van praat, maar toe sê Slak vir my:

“Kind, jy het ’n gawe”
“Wat bedoel jy? “ Vra ek

“Net soos my oog op ’n tentakel sit, so sit jou oë ook op tentakels. Jy kan ver sien, voordat die ander mens dit nog kan raaksien.”

Ek luister mooi

Mense maak my dood, maar as jy lank na my kyk, sal jy rustig word. Die ou geeste in die bos het gesê dat ek vir lusteloosheid help. Dit maak mens rustig, vertel Slak vir my.

Ek het aan Slak se tentakel-oog gevat, en toe sien ek tot ver anderkant sien, daar waar die gewone oog nie kan sien nie.

’n Stem kom sit toe in my ore….MOENIE MY DOODMAAK NIE.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: