DIE OPEL KRISTAL

DIE KRISTAL-OPEL
2022-01-31

Ek het die onderwêreld gaan opsoek.

Dit is wonderlik toe die onderwêreld lig word en duidelikheid bring deur ligstrale wat soos goue stringe oor my skyn.

Hierdie is strale van nuwe lewe, nuwe asem en nuwe mense.

Dis laat-oggend toe ek al dieper en dieper by die onderwêreld insak, so diep dat my ore begin toeslaan. Maar hoe dieper ek sak, hoe ligter word dit en die ligstrale word al blinker van goud, smarag en kristal.

Toe ek voel dat my lyf nie meer my lyf is nie, maar my siel word my lyf, dryf ek weg in ’n wêreld van kleur en alles wat waarheid en eg is.

Na 4 ure, begin ek sukkel om asem te kry. Dis asof my longe te klein word het en na asem soek.

Ek draai op my rug om boontoe te kyk.
Die mooiste engel wat ek nog ooit in my hele lewe gesien het kom stadig afgesak tot teen my lyf.

Hy is maklik ’n kop langer as ek, groot skouers en arms, sterk rug en die mooiste glimlag wat ek nog ooit aan ’n engel gesien het.

Vir ’n oomblik meen ek dat dit die doodsengel is wat my kom haal, maar so tussen my plat longe en min asem word my lyf al swaarder en ons sak dieper af, tot daar waar mens nie meer kan sak nie.
Toe gaan staan ons en hy druk sy mond teen my mond en blaas ’n straal goue lug by my longe in.

Alles word helderder en ek haal asem.

“Wie is jy?” vra ek
“Ek is jy” sê die engel.

Ek het dit nie verstaan nie, maar al wat saakmaak is my engel en ek wat ronddryf en sweef na wêreld baie ver van hierdie wêreld af.

Na ’n lang ruk, kom daar ’n dolfyn verby geswem.
Pure laf en speels.
Hy duik en swem in sirkels om ons, druk sy snoet teen my nek vas, fluister iets en met ’n moerse spoed skiet hy boontoe, bo die water uit, tot amper naby die son waar hy ’n mondvol sonstrale vir my gaan haal.

Hy duik terug, tot teen my en blaas die sonstrale in my oë in….nou sien ek jou.

Nou sien ek die engel soos wat hy werklik is.
Ek sien die onderwêreld van die see so blink
Ek hoor die fluit van dolfyn en blink vissies.

My engel kom nader, vat my hand en ons swem tot aan die ander kant van die oseaan.

“Mens is die droom van die dolfyn” fluister my engel en gaan lê saggies in my siel…

Dankie engel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: