DIE PERD EN DIE HOTTENTOTSGOD

DIE PERD EN DIE HOTTENTOTSGOD
2022-01-28

“Ek weet dat hulle my nou ‘Bidsprinkaan’ noem, maar vir jou gaan ek Hottentotsgod bly, want ek is oer oud, net soos jou siel” sê die hottentototsgod en vryf sy voorbene wat soos ’n blinde se wit stok voor hom uitskiet teenmekaar. Die stok kap hier, dan regs, dan links dan daar. Kap….kap….kap.

“Wat is dit wat jy vir my wil kom sê, Hottentotsgod?” vra ek.
“Ek wil die wysheid vir jou bring.”
“Watse wysheid?”
“Ek wil die geestelike wysheid in jou kom bêre” sê Hottentotsgod.
“Dankie” sê ek.

Ek staan op Kalahari grond, bloedrooi en warm.  Die warm trek deur my voete tot binne in my brein in.  Dis lekker.  Wie kan dan sê die warmte van die Kalahari is nie lekker nie?

Toe ek weer sien, dans daar 11 klein Hottentostsgodjies om my voete.  Dit is soos ’n boesman-dans om ’n vuur laat in die nag.

Hulle sing soos in ’n koor, maar dis meer geluide as woorde.  Maar ek verstaan daai geluide, want Hottentotsgod het gesê hy gaan die geestelike wysheid in my brein kom wegsteek.

Terwyl die 11 klein Hottentotsgodjies om my dans en sing, word die hoof Hottententotsgod al groter en groter totdat hy groter as ’n uitgegroeide man is.
Sy voorbeentjies vryf teen mekaar en daar vryf hy die mooiste blou-pers lig uit sy kloue uit.  Met ’n skerp voetjie, druk hy die lig by my brein in…alles is net helder.
Weer vryf hy en daar verskyn ’n helder deurskynende lig tussen sy pootjies.  Hy druk dit by my hart in, net so duskant my siel, en bêre die wit lig daar.

Vir vier dae sit die sprinkaan voor my en kyk my in die oog met sy groot oë.  Die kleintjies hou aan met dans en sing en dis so mooi.  Die groot vrede skiet wortel in my gees. Die groot liefde kruip by my hart uit.

Vroeg-oggend met sonop praat Hottentotsgod met my en sê:
“Vandag gaan alles begin”
“Wat begin?”
In stilte kom staan Hottentotsgod met al sy bene oor my lyf, druk my vas en tel my op tot ver in die lug in.
 Ons sweef tot by ’n soetdoring boom en daar op die toppe van die boom, los hy my.  Ek het eers gedink dat hy my in die dorings gaan laat val, maar toe sweef ek soos ’n wolk.  Dis die wonderlikste gevoel wat ek nog ooit in my lewe gevoel het.
Meteens begin ek reën, net oor die doringboom en druppels water val deur die blare, tussen die dorings deur. Sommige druppels gaan sit aan die punte van die dorings vas en hang daar soos ’n smarag.
Toe die son goed skyn, gooi hy sy strale oor die doringboom en daar klim die mooiste reënboë uit die druppels .  Dis ’n wêreld van kleur wat voor my oopgaan.

Wind kom toe, en waai die druppels en reënboog af, tot op die sand en daar verdwyn dit.
“Wat nou?” vra ek vir Hottentotsgod.
Hy antwoord my nie, maar met sy groot oë wys hy vir my om veld se kant toe te kyk.
Tot groot vreugde kom Perd aangedraf. Trots, sterk en wild.
Perd kom staan langs my, blaas deur sy neus en snuif ’n paar keer.  Hy gaan staan op sy agterpote en skop met sy voorpote in die lug. Pure blydskap.

Ek is bly om vir Perd te sien. Ek het na hom verlang.  Baie verlang.

Hottentosgod glimlag en tel my met sy voete op en sit my op Perd se rug neer.  
Die 11 singende Hottentotsgodjies het in ’n rots gaan wegkruip.  

Perd begin te hardloop, volspoed, die veld in.  Die rooi van Kalahari sand sit aan sy hoewe vas.  Dit is die wonderlikste gevoel wat ek nog ooit gevoel het.  Ek hoef nie eens vas te hou nie, want Hottentotsgod het my vasgemaak op Perd se rug.

Toe gaan staan Perd tjoepstil onder ’n groot kameeldoringboom.

“Wat nou?” vra ek

Perd lug sy kop op en druk sy neus in die lug. Hy blaas, runnik en sê dat ek moet afklim.

Toe ek onder die boom staan, kom groot Hottentotsgod weer verby, tel my op in sy voete en ons styg tot by die toppe van die boom.  Weereens reën ek op die boom neer.
Ek gaan staan onder die boom en bekyk die druppels wat aan elke doring hang.  Klomp reënboë skyn om my, totdat ek die reënboog word.

Toe sê Perd vir my:
“Op jou pad gaan sommige mense maar net afval en verdwyn, maar kyk uit vir die nuwe mense wat gaan kom.  Hulle gaan jou help”
Ek verstaan.
Toe ek weer sien kom die 11 klein Hottentotsgodjies verby gedans en hulle kap hoefysters aan my voete vas.
Toe word ek die Perd.

One thought on “DIE PERD EN DIE HOTTENTOTSGOD

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: