SNEEU

SNEEU
2022/01/05


die tuin is spierwit gesneeu. die wit is so skoon dat die kyk in my oog te skerp word.
Klossies sneeu hang aan boomtakke en klou aan graspolle en alles is rein, skoon.

ek gaan staan buite in die tuin en trek die reuk van sneeu diep by my neus in totdat daar nie meer plek in my lyf is om die reuk te bêre nie. Ek bêre die reuk van sneeu in my vingers, my voetsole, my hande, my wange en in my gesig. Tot diep in my brein waar ’n kliertjie wegkruip.

“Jy is nou rein” sê ’n sneeuvlokkie.
“Hoe bedoel jy?” vra ek
“Die sneeu maak mens rein. Dit trek al die pyn uit jou lyf uit” sê Sneeuvlokkie
“Waarheen trek dit die pyn?” vra ek
“Na plekke ver hiervandaan. Ek kan nie vir jou sê nie, want anders sal die pyn jou weer kom soek. Los daai pyn laat hulle maar gaan” sê Sneeuvlokkie
Ek los toe die pyn.

Daar in die spierwit tuin hoor ek ’n ligte suis in my ore.
“dis jou lewe wat jy daar hoor” sê Sneeuvlokkie
“Watse lewe?”
“Die bloed in jou are, die lug in jou longe en die gees in jou siel” antwoord Sneeuvlokkie

Daardie dag, so in die spierwit-sneeu-tuin hoor ek toe my eie lewe vir die eerste keer.

Gaan staan net stil wanneer dit sneeu, dan sal jy ook jou eie lewe hoor…dis mooi…jou eie lewe sing die mooiste liedere, net vir jou.

“Dankie Sneeuvlokkie” sê ek en toe kom daar ’n sonstraal deur die wolke, deur die sneeu tot in my oë….dis toe dan ek net weet….ek weet net.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: