GESPREKKE TUSSEN ENGELE
2021-11-28
’n sagte asem raak aan die seun se wang
dis nie ’n asem van bang, maar van lewe
“ek het kom kyk hoe dit met jou gaan, seun”
‘soos asem, so is Ma vir my” sê die seun.
“ek het vir jou ’n ekstra veer in jou vlerk kom steek”
“Dankie, Ma, soos ’n ekstra snaar vir my kitaar”
“Ja, seun, kom, kom sit hier by ma, ek wil jou iets vra,
kom, kom dan sing ons ’n lied vir jou pa”
“In reën, is jy rondom my
In trane vee jy af voor my”
sing ma en seun saam…*
in ‘n vreemde stad val ’n bui reën
en iewers staan ’n eensame kitaar
pa hoor die sing van ’n ekstra snaar
Pa glimlag tevrede vir die kitaar en sê:
“In reën is jy rondom my”**
DANKIE. ( Vir Tannie Maryna Jordaan)
-stanley cierenberg-
*liriek uit Theuns Jordaan se lied, soos Bloed
** liriek uit Theuns Jordaan se lied, Soos Bloed
Leave a Reply