CHRISTIAAN VAN TONDER

CHRISTIAN VAN TONDER
VRYSTAAT
2021-11-30

Ligkind, kind van die lig:
dis soos my oë jou sien

Die lig in jou oë lê sag
die oopte in jou glimag

is oop soos ’n sand plaaspad
soos jou hart, oop, soos jou hart

Kind van die Vrystaat, onse eie kind,
seun van die veld, seun van die berg.

Ons voel die aanhou wen in jou
elke koei het jou glimlag geken.

Maar wat maak ons nou? wat nou?
jou kudde stap alleen in die voetpad,

die koei wat haar kop teen jou skouer skuur
vra: “Waar is Christiaan, waar is ons meneer?”

Nou stap die kudde alleen, sonder jou
maar in die son, daar is jou lig vasgeklou

Kind van die Vrystaat
Kind van die blink-ster

Ek hurk op my knieë en salf
jou voete met melk, groot respek…

©stanley cierenberg (breinsuiker)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: