DIE HÊNGER

DIE HÊNGER
2021- 09-30

Die ding met ’n hanger kan ’n saak van gebed word. Erger nog. Dit kan huismoles veroorsaak.

Nou praat ek van baie jare terug toe daar nog nie grênd hangers was nie. Of soos my ouma gesê het “hênger”. Ek gaan die woord “hênger” eerder gebruik as ‘hanger’.

Daai jare het jy net twee soorte hêngers gekry.
Die gewone draad-hênger wat gebuig en gedraai kan word soos jy wil, afhangende van die kledingstuk van gehang moet word.
Of jy het die hout-hênger gekry met ’n draad nek. Dis al.

Nou die ding wat my vanoggend aan ’n hênger laat dink is dat Boetie homself nie veel aan die hênger-storie gesteur het nie. Net solank sy klere kan hang. Soms het Boetie sommer met ’n ballpunt pen sy naam op die hout-hênger geskryf. Dan weet almal.

Met Sussie was dit ’n ander storie. Sy het die hout-hênger (sonder die dwarshoutjie vir ’n broek) gevat en hom oorgetrek met ’n gehekelde stuk ding.

Die ding waaroor ek nou eintlik wil skryf, is nie oor hoe die hênger lyk nie, maar die dag toe die hênger ’n ander doel moes dien. Die doel van stasie opvang.
Sien, Boetie wou Saterdag aand na die Hit Parade op draadloos luister, maar van ouderdom het die draadloos se aerial toe afgebreek. Al wat Boetie kon opvang is ’n gesuis.
Dis toe dat hy sy hemp van die draad hênger afhaal, die nek van die hênger sò draai sodat hy hom mooi om die stukkie aerial van die draadloos kan draai.

Boetie knyp die stukkie draad dan met ’n tang styf vas en die ore van die hênger staan dan gat-oor-kop op die draadloos.
Die Hit Parade is toe geluister so met die hênger en al.

Dis dan wat ek vir vandag se jong klomp sê…bêre maar die grênd goedjies in die kas, ’n hênger sal jou deur jou ellende en gebrokenheid help. Dit het vir my gehelp.
-stanley cierenberg.-

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: