GESPREK MET DIE PERD

GESPREK MET DIE PERD
Witkruismonument
05 September 2021

Die reuk van ’n perd IS die reuk van ’n perd. Niks kan so ruik nie, behalwe die perd homself.
Maar die praat van ’n perd is die praat van ’n opperste koning.
Hulle sê wanneer ’n perd met jou praat, dan moet jy luister. As jy nie luister nie is daai ’n groot sonde.
Ek het geluister toe die perd gepraat het, maar wat nou?
“Wat nou?” het ek vir die perd gevra.
Ek het aan sy breë voorkap gevat en gevryf tot by sy neus. Hy het geglimlag en gesê:
“Hierdie is ’n perd van ’n ander kleur” Ek moes saam glimlag oor hierdie woorde, veral op ’n dag soos vandag.

Ek het hom onder sy ken gekrap en sy groot-bruin-oog het my diep aangekyk.
“Jy moet vir jou mense sê dat hulle DANKIE moet sê” praat die perd met my.
“Dankie vir wat?” vra ek die mees domste vraag, maar hoe kan ek reg dink met so ’n Prins aan my sy.

“Dankie vir die oorwinning” sê hy.
Ons kyk mekaar aan, in stilte.
Ek vryf oor sy maanhare. Dit voel soos ’n ryp koringveld onder my hand.
“Jy moet nou aanstap” sê die perd.
Ek wil nie. Ek wil net hier bly staan.
“Ek wil net hier by jou bly” sê ek.
Die perd skuif sy voete en trap-trap rond.

“Kyk, jou skoen is klaar in die stibeul, jy moet net jou voet daarin sit en opklim” sê hy.
“Jy het reeds jou perdeskoene aan” sê ek
“Ja, gaan sê vir die boere die skoen is in die stibeul, sit nou net julle voete in en ry oor julle vlaktes, ry oor julle plase, ry oor julle grond en tel julle stukkies taal en kultuur op”

Ek het my gesig in Prins se nek gedruk en gehuil, want toe weet ek dat ons oorwin het.
“Dankie Onse God” sê ek.
“Daarsy nou, dis die boodskap. Sê vir jou mense om vir God dankie te sê”

Toe word alles stil, behalwe die perd se oorwin-runnik in my ore.

Daar is ’n heelal in ons volk
Daar is ’n heelal in ons taal

-stanley cierenberg-

Inspirasie: PRINS.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: