PA VAN MOEDER AARDE.
2021/07/31
My voeteval vat die lang stofpad af tot by die voorstrand van die see.
Daar staan en bekyk ek hom met groot respek.
Die branders rol in, trek terug en rol dan weer agtertoe. Dis die asemhaling van die see.
Plek-Plek borrel en skommel die water en maak spierwit skuimbolle, kompleet soos ‘n groot pot konftyn wat aan die kook is.
My oë lê vas op die ‘kokende pot’ van die see…
“ek is die vader van moeder aarde” sê die see.
“Ek laat ook nie my skuim afskep, en weggooi, soos ‘n pot konfyt nie” las hy by…dis toe dat ek vir die see smile.
Stanley Cierenberg.
Bravo!!
LikeLike