DIE BRAWE MANNE VAN TOTI.
Die aarde bewe…
Die son word verniel en iewers fladder ‘n mens se hand.
Die sterkste wind gryp aan ‘n seestroom en trek vir haar kaal uit.
Die Ground Hornbill trek sy oë bedonnerd-kwaai en bekyk
die malligheid onder in die straat.
‘n Valk kom verby en gooi ‘n bondeltjie tot op die mense se koppe.
‘n Arend vlieg hoog verby en gooi ‘n ander bondeltjie af, tussen die mense.
Net af in die straat rol die Apiespeulboom se oë om
net om te sê “Hier is iets oppad” en sy smaail.
‘n Ding gooi sy hande in die lug en gee oor – die arend glimlag.
‘n ander ding gryp na hoop in die Apiespeulboom, maar Apiespeulboom spoeg hom uit….
Die Arend glimlag en maak sy vlerke oop.
“Tot hier” skreeu ‘n brawe leeu.
“Nog ‘n bietjie vorentoe” skreeu die renoster…
Op die piek van die berg gooi ‘n man sy hardehout-vuur-rookbol
oor die handjievol mense, en seën hulle…en toe vou die engel julle in haar vlerke toe.
Toe weet ek dat julle orraait is.
______________________________________________________________
Vir die manne van Amanzimtoti.
Pragtig!
LikeLike