LYF SONDER NAAM.
Hulle het vir jou aan my kom vasmaak,
Vasknoop, vasgespe, vasbelt
net soos die nagmotte aan ‘n lig wil vasklou
Hulle het vir jou aan my toevertrou en
Beveel om oor my lewe te waak.
Soos ‘n spugende slang hang jy om my –
‘n Satansadder.
Maar toe kom maak die Byevangertjie my wakker
en slinger die soogdier deur die lug….
En ‘n olifant kom en blaas die hele spul weg.
Maskers is adders.
Maskers is gifkliere
Maskers is ‘n lyf sonder naam.
MASKERS IS ‘N LIEG
Leave a Reply