TWEE VIR DIE PRYS VAN EEN
Is ek ‘n fetus of ‘n kadawer
-Wie het gesê ek moet verander
Altyd opsoek na moeder of vader
-Of nie verander en altyd dieselfde
Is ek ‘n blommekrans of blarekrans
-Sal ek kop-krap of neusgrou?
‘n festoen of ‘n vrug?
-Bly jy alleen of dalk moet jy trou,
Is ek ‘n liggaam of lyk?
-Ek haal asem, in en uit…
Ruik of skyn smaak of reuk?
-In en uit, in en uit…vraag op vraag?
Is ek ‘n antwoord of ‘n vraag?
-Is jy my mens of skaduwee
‘n nekslag of ‘n blus?
-‘n korthef-mes of swaard-lus
Langs my lê iemand se doodskop
-Jou kopbeen op my bors
Op my bors, sy skedel of gebeente.
-Jou skedel skreeu snags hees.
(IN GESPREK MET MY GEES
Leave a Reply