Die Perede-manne
2020\12\03
My oë sien julle van ver af aankom.
Dis asof die aarde saam met julle gallop.
My neus ruik die salpeter van ooste- bulte se kant af.
Dit meng met die reuk van soetgras en Vrystaat-reën.
Trots, soos die Sandkli-prots sit die twee soldate,
die een skuif sy hoed netjies op, die ander soldaat
haal ‘n koue-sak met water uit en gee vir sy maat-soldaat.
Hulle oë meet elke voetpad, elke bult en elke trap van die perd.
Die leisels word styf ingetrek vir stop en gesels met ‘n boer of twee,
kap weer julle hakke saggies in die perde se lieste en klap
die leisels sodat perd en soldaat die pad vorentoe moet vat.
Die een soldaat hou die wit kruis bo sy kop en, my oë meet die afstand
Die ander soldaat lig homself uit die saal, net effens en sy perd blaas.
Ek ruik salpeter.
Ek ruik soldaat.
Ek ruik die perd.
Die twee soldate en hulle perde stop langs my, die soldate buk vorentoe
om my die regterhand te gee vir groet. Ons groet, maar toe gryp die
perd my oë vas en ons siele staan voor mekaar vir die heilige ontmoet.
My oë vrae vir die een perd: “Word julle nie moeg nie?’
Die perd druk sy kop in my nek, so tussen skouer en kop en fluister:
“Boermens,’n honderd harte is nog te min om my liefde vir julle te dra”
Toe verstaan ek die perd.
Die soldaat lig sy kruis op, die ander een sy waterbottel en ons bid
Die Onse Vader vir ‘n soldaat en sy perd.
©Stanley Cierenberg.
Leave a Reply