VIR LEN PRETORIUS
DIE BLOM VAN ROOSSENEKAL.
NOVEMBER 2020
Soos die Arend koning van die oop ruimptes in die lug is,
So staan die Baobab koning van die Noord Transvaal.
Met sonsak pronk die Baobab soos ‘n trotse koning oor
sy huis, sy vrou en sy mense.
Met sonsak skeeu die Visarend soos ‘n trotse koning
oor sy huis, sy vrou en sy mense.
Ek het tot agter die wolke na woorde gaan soek.
Ek het ‘n paar woorde in ‘n doringboom gaan soek,
daai doringboom wat by die Krugerhek staan….maar
die woorde raak min.
Maar toe sien ek Len se foto. Daar lê voetpad lyntjies
langs sy oë. Mens kan sommer sien dat hy die pad
gestap het vir sy mense, sy vrou en kinders.
Mens kan sien dat hy die lastige Duwweltjies wat
in die voetpad groei uitgehaal het, vir sy mense, sodat
hulle nooit seer hoef te kry nie.
Maar toe groei daar ‘n smerige mense-onkruid op die
voetpad, daar grou houtkewers die Baobab boom se
stam oop en ‘n stilte sak oor die rivier waar Visarend geroep het.
Len, die klank van jou bike sal in elke Baobab se stam sit.
Die klank van jou lag sal oor elke rivier eggo, tot daar waar
mens se ore nie meer kan hoor nie.
Jou bloed sal in elke spruit vloei, sodat die vyand weet
dat hy die Koningboom, die Koning-arend en die Koning mens
tot die dood verniel het.
Len, ry jou bike doer bo in die Hemel, draai daai throttle oop,
sodat jou roep deur die arend se bek kom, en jou liefde-woorde
vir jou vrou deur die Baobab se blare saans as die son sak.
Vir jou sal ons nog ‘n Koning-boom plant, nog ‘n Arend in die
Hemel vasmaak, nog ‘n voetpad oopskoffel, want jy is die
Koning van jou kinders, die Meester van jou vrou.
©Stanley cierenberg.
Ek het al op Fb vir jou dankie gesê. Ek sien my vriendin Alta Horn wat jarelange vriende met Len hulle is het ook reageer. Weereens baie dankie. Dis nader aan die huis..nie net meer n foto in die koerant nie. Ek sien vanoggend van die 80jarige swart boer wat hulle ook so aan n boom vasgemaak het en hom geskiet het. Dit raak nou meer en meer mense.
LikeLike