BONDELTJIES PYN
“Jou dag is my nag. En jou nag is my dag. Jou lig is my donker en jou donker is my lig. Dis maar soos die wêreld werk. Niks is wat ons dit dit is nie”
Hierdie is my gesprek met Uil, wat in die boom langs my kamervenster woon. En dit om 1 uur in die oggend. Ek het weer gaan lê en probeer om te slaap.
Ons almal dra maar ‘n bondeltjie pyn so met ons saam. Sommige mense se bondeltjies is baie swaarder as ander. Ek wens dat ek vir elke mens wat se bondeltjie pyn te swaar raak, kan help dra.
Uil het weggevlieg, maar weer teruggekom met ‘n bondeltjie wat hy onder sy vrerk gesit het.
“Ek het iemand se bondeltjie pyn vir jou gebring” sê hy
“Wie s’n?” vra ek
“Iemand wat moeg gedra is. Help haar dra, asseblief” sê uil.
Ek het die bondjeltjie onder sy vlerk uitgehaal en in my hart gesit…..
Ek help jou dra aan jou pyn, MY Darling Mens….ek help…
©Stanley Cierenberg2020
Leave a Reply