SIAS WILLEMSE
2020-09-22
“niemand kan Rugby Kommentaar soos Gerhard Viviers nie” sal Oompie sê
“En dan moenie ons vergeet hoe hy Julie 1974 die wedstryd tussen die
Springbokke en die Britse Leeus te Ellispark uitgesaai het nie. Hy het daai
wedstryd in prentjies verduidelik, selfs die Noodhulp mense is genoem as
iemand se knieg of voorkop bloei”
“Daai vierde toets in Julie 1974 is my gunstelling. Ons het op die stoep gesit
en luister. Die transsitor draadloos se battery wou dit nie hou” praat die Oompie verder.
“Man, daai Hansie Cronje was ‘n gentleman. Daar was nie ‘n beter kaptein. Hy het
oor die drieduisend (amper vierduisend) lopies aangeteken…en as ek
reg kan skat…143 paaltjies gevat.”
So tussen alles deur beginne Die Rooivelskoen-man van Blokkies Joubert en sy
Pencil-lip-snor te sing. Oompie voel lus vir dans, maar die Antie sê “moenie
nou stuitig raak nie, my man”. Hulle lag en sy gooi nog boeretroos met ‘n
skeppie oorskiet Jan Ellis poering.
“Hierdie Jan Ellis poering is op sy lekkerste na ‘n middagslapie” sê Oompie.
“Onthou jy Dok Craven se hond. Die se naam was mos ‘Bliksem’ of so iets?”,
gaan haal die oompie sommer die woorde so uit die wind uit.
“Aai my man, waar gaan haal jy nou weer hierdie goeters uit?” vra die Antie
“Hierdie is ons sport geskiedenis. Niemand kan my iets vertel van dit nie.
Dok Craven was die beste skrumskakel ooit. Hy het die span soos ‘n ketting
bymekaar gehou. Solied sê ek jou” sal die Oompie verder aangaan en die
antie moet geduldig luister.
“Ek gooi nog koffie, My Man”
“Is daar nie ‘n knertsie nie?” vra hy.
Sy glimlag, druk haar wang so teen die voordeur se kosyn en sê
“Aai my Man, het ek al vir jou gesê hoe lief ek jou het?”
“Nog nooit nie, kom wys my” stuitig hy voort.
Vandag het ‘n werfetter Oompie Sias Willemse se stuitigheid stil gemaak.
Nog ‘n fabreiksafval-ding het sy rugby stories kom steel en daarop gespoeg.
Hulle het maar ‘n sakkie vyf rande gevat.
Vandag sê ek vir julle bose, afwykende wesens dat julle gaan berou hê
tot in die laaste geslag…vir altyd en ewig. Doc Craven se stem is stil, Viviers se stem is stel
Cronje is ook stil en nou Oom Sias. Nog ‘n stukkie van die ketting is weg. Saluut
©Stanley Cierenberg
Leave a Reply