ANTIE IN UPINGTON

UPINGTON 2020

DIE VOLKSPELE ANTIE.

Ek sit by die Antie in haar kombuis om nog stories van die ou dae te kry.

Somme net optel-stories wat mens moet neerskrwye, sy is darm al 80 jaar.

“Kind, help tog hier met die ketel. Jy weet, ek kan nie eens meer ‘n vol ketel

water optel nie…die arms is maar swak”

Ek help

“Voor ek nog dood, wil ek nog al my stories vertel, daar is so baie.” Sê sy

Vertel maar Tannie, ek gaan skrywe.

“Jy moet vinnig skrywe, Kind” en sy smaail vir my.

“Jy weet, Die Bybel sê jy mag nie ‘n Gemsbok eet nie, hy is heilig” begin sy.

Ek skryf.

“maar hoekom sê Tannie daai vir my?”

“Want ek woon in Gemsbok laan. Ek sê altyd ek bly in die Heilige straat”.

Ek luister na die Antie se woorde.  Hulle rol soos kleur-blink albasters by haar

mond uit.  Die skryf in my hande is maar stadig, maar ek probeer by-bly.

“Kind, aai, daai jare toe ek nog ‘n jong nooietjie was, en ek moet sê dat ek nie

te onsaansienlik was nie, het ons mos die Volkspele hier onder in die saal gedoen.

Kind, dit was net ‘n pure ‘Voëltjies gaan koring sny en Dans met my Dina en dan maak

hulle so’ en die Kêrel-kinners was tog te netjies en op hulle plek”

Ek sukkel om met die skryf by te bly.

“My volkspele rok was altyd baie netjies gepress”

“kom ek maak sommer vir ons rooibostee. Ek kry by ‘n bye-boer hier buite die dorp

heerlike rou heuning. Ons roer dit in” sê sy.

“Aai kind, as ons die Volkspele so om mekaar gedans het was ons koppe kierts regop en nekke

styf.” Vertel sy.

“Ja, om dit in te oefen moes ons vir ure met ‘n boek op ons koppe rondloop”

Ek skryf so vinnig ek kan.

Sy gooi die tee en roer heuning in.

“Daar was hierdie Kêrel-man wat my tog so om die middellyf kon vat as ons moes regsom draai,

dan weer ‘n skielike links om. Hy het sy vat geken” vertel sy en smaail.

“Klink of Tannie sinnigheid vir hom gehad het”

“Ons is toe getroud” lag sy.

“Maar hy moes eers lank vry en baie kerse se opsit kom doen het voordat ek ingestem het” sy lag nou lekker.

“’n Kers is lewendige lig. Vandag se gloeilampe is sulke dooie lig” en sy kyk met ‘n bewolkte kyk by die venster uit.

“Nou ja toe, Kind, dis genoeg vir vandag. Ek gaan nou op die naat van my rug lê”

Dis goed, Tannie”

“Sit tog die fên vir my aan. Nie ‘full blast’ nie, die ding sal my van die bed afwaai. Onthou ek is

al baie oud. As daai fên my by die venster uitwaai, kry hulle my nooit weer nie” spot sy.

Ek gee haar ‘n drukkie en sit die fên op ‘slow’

Dit was my laaste volskpele met die tannie.

Dit was my laaste koppie rooibostee saam met haar.

Die was die laaste fên se wind.

Die wind het gaan lê.

Iemand het die Gemsbok kom doodmaak. Sommer so in die gesig verniel.

“Tannie moet nou maar lekker volskpele doen daar in die hemel, en kyk

uit vir daai Tiekiedraai Kêrel-man. Koebaai my liewe antie.  Baai for now.

©Stanley Cierenberg.

One thought on “ANTIE IN UPINGTON

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: