Die eenvoud van n veldblom

DIE EENVOUD VAN ‘N VELDBLOM.
Hennenman 2020
“Kind, ek het nou die baie grênd blomme gebring nie. Ek het met ‘n motorfiets gekom” sê ek
“Kind, maar ek het sommer ‘n hele bos blomme in my hart wat ek so stilletjies by jou kruis gaan neersit”
Die wind het so effens opgesteek. Nie ‘n woeste-wind nie. ‘n Trooswind. Saggies deur die popelierbos.
“Oompie, as ek kon, het ek sommer ‘n hele bos blomme gebring, net vir julle” praat ek binne-kant toe.
‘n Swaeltjie kom verby gevlieg en sê: “Gaan pluk sommer ‘n blommetjie daar in die veld”
“Ek pluk nie sommer blomme nie…hulle wil ook maar lewe, net soos ons almal” sê ek.
“’n Vaal-bruin-mossie kom verby en sê: “Ek het klaar by die geel blommetjie ‘n draai gaan maak.
Sy sê dat jy haar kan pluk. Sy sien ook die hartseer in die skare mense raak”
Ek het toe stadig oor die pad gestap, tot by die goudgeel veldblommetjie.
“Is jy seker, mag ek jou maar pluk” vra ek
“Jy moet so pluk dat die steeltjie lank genoeg is om by die voerbaal in te druk” praat sy my aan.
“Dankie” en ek pluk ‘n langsteel-veldbommetjie af.
Ek het met baie stadige en ‘n moeilike stap terug gestap na die kruis en die hoop voerbale.
Baie versigtig het ek die blommetjie, steeltjie eerste, so by Eddie se naam ingeskuif.
“jammer, Kind….Jammer…wat moet ek doen om alles beter te maak?” vra ek
“Jammer Oompie, jammer….wat moet ek nou doen?”
‘n Trooswind het weer geblaas en so uit die niks, val daar ‘n spierwit veer
tot op die hoop voerbale in die warm so. Ek kyk op, maar hier is dan geen voël te sien nie.
Die geel blommetjie glimlag vir my en sê:
“Eddie en Oom Pieter sê dankie vir die eenvoud van ‘n goue-geel-veldblom.”
Ek het opgedraai en aangestap…en in die trooswind alleen gaan staan en huil oor
twee mense se doo den ‘n hartseer familie.
©Stanley Cierenberg.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: