MY KIND (vir Sonia Jordaan)

VIR MY KIND
(‘n Gedig vir Sonia Jordaan en haar kind)

Die groot reën het gekom, die Geelsperskereën.
Die wêreld lyk mooi en groen, tot so ver wat ‘n ma
se oë nie kan sien nie…dis baie baie ver.
Die wildemoerby het vruggies wat soos klokke aan
haar takke hang, gereed vir pluk en begeerlik eet.
Selfs die akkerbome en sy eikels lyk soos ‘n jong
vrou in haar trourok voor die kansel.
Iewers kom die Bontrokkies en Kelkwyntjies vir ‘n
kuier tussen die bruid-boom se takke.
Onder die boom staan ‘n tafel uitgedek met bakke
vol boere kos….moeder-kos….huis-kos. Die familie
skep lepels vol pampoen, soetertjies en doekpoeding
in. ons glukkigheid hardloop tot daar waar gelukkigheid
‘n goudpot aan die einde van die reënboog maak.
“My kind is hier” lag die moeder.
“Kom kind, ek skep nog skaapboud in…vat nog geelrys met
rosyntjies in….jy kan nie so min eet. Hier is nog ‘n goudgebakte
aartappel.”
Die kind kyk in sy ma so oë en sê “Ek is lief vir ma”….toe is daar
‘n feesete.
©️Stanley Cierenberg. 2020

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: