DIE PAD VAN LEWE.
Ons wil nou nie knaend of lastig wees nie, daarom sit ons sommer hier onder die boom op die grond.
Dis nou Aarde, Olifant, Suidoosterwind en ek wat daar sit.
Gelukkig is die venstertjie waarna ons kyk oog-hoogte, hy lê net reg.
Ons kyk stip na die venstertjie en ek vra toe:
Ek vra toe vir Aarde: “Ag, gee daai leersakkie vir my”. In die leersakkie
is die hartklop van Moeder aarde. Ons het tot in die verste woestyn gaan stap
om die hartklop te gaan uitgrawe.
Moeder Aarde gee toe die sakkie.
Ek vra toe vir Suidooster: “Ag, gee tog daardie mandjie vol asem vir my aan”
Ons het tot anderkant Tafelberg gaan klim om ‘n stukkie van die Kaapste Oostewind
te gaan haal.
Suidooster gee toe die manjie vir my.
Laastens vra ek vir Olifant: “Ag, gee tog vir my daai erdebeker met lewe aan” Olifant gee dit.
Ons het tot in die hart van die Knysna gaan stap om ‘n stukkie uit die Koning Olifant se
lyf te haal, en hierheen te bring.
Ek gooi dit alles deur die venstertjie.
O ja, voor ek vergeet, vra ek….Liewe Son, gee vir my net ‘n deel van jou Wentelbaan sodat
ek vir die Antie ‘n Wentelbaan vol hoop en troos kan gee…..die Son gee dit toe.
En toe is ons tevrede. Ons ry toe, en waai vir die grondvloer-venstertjie.
©Stanley Cierenberg.
Leave a Reply