PIETER HILLS VAN HENNENMAN

PIETER HILLS

HENNENMAN

2020/11/06

Alles is nou so ewe skielik anderster.

Die stof op die grondpad rol nou anders

rond wanneer die plaasbakkie oor hom ry.

Die hek na die werf toe se skreeu is ook nou

maar traag, dis nou meer van ‘n kreun as

hy oopgestoot word en toegetrek word.

Die Hond se naderdraf het ook maar

mismoedig geword, niks is meer dieselfde nie.

So ewe skielik het alles net helfte geword.

Die ou stoep-stoel is leeg in die vroeg-aand kuier.

Die antie se roep om te kom eet het stil geword –

daar is niemand om te roep, maar die bord

op die kop van die tafel is netjies gedek, soos altyd

al staan hy leeg en onaangeraak.

Die skaap-tjoppies en krummelpap het ook niks smaak.

Dan word dit inkruip tyd en die bed is leeg, maar die

een bedlampie se lig is aangesit, net vir incase hy sou kom.

Maar daai incase is nou te heeltemal finaal.

Julle satanasadders wat julle smerige kloue aan ‘n boer

kom sit het, julle se rugstring skop ek vanaand morsaf.

Ek trap julle knie-koppe af en skop julle enkel tot die

kruppel-loop in julle kom bly.

Dan sal die leeu van die vrystaat kom en julle slagare

afruk en julle sal bly lê tot die niks….tot die niks.

God is daar by julle op die plaas, Hy het so belowe.

Ons as volk is daar by julle op die plaas, ons help waar ons kan.

Ons as volk sal julle help dra.

Ons as volk sal julle optel

Ons as volk sal na julle kyk

Ons het julle in onse arms styf vas.

Ons het julle.

©Stanley Cierenberg 2020

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: