Kind van Suid Afrika.
Vandag sien ek jou stap…
sommer so sonner skoene,
sonner aansit of upstêrs hou.
Kind, jy stap kiertsregop, soos
‘n bamboes stok, sterker as staal.
Kind, jy kyk Suid Afrika in die oog,
toe glimlag jy ‘n blondekopkind-smaail.
Kind, vandag sien ek jou stap,
sonner skoene, op ‘n rivier vol melk.
In jou regterhand hou jy ‘n kudu-horing
voor jou mond en blaas.
Die klank trek van die Noorde, die Kruger Park,
tot anderkant Tafelberg…
Kind, jy het ons land van melk en heuning terug gebring,
ons mense stap weer saam.
Kind, jy het ons mense weer nader geroep, ons sing
en praat nou weer saam uit een keel.
Kind, jou naam staan diep geskryf in Afrika grond.
©Stanley Cierenberg.
Leave a Reply