MY BESTE VRIEND.
Ek en jy het saam, hand aan hand deur die grasveld gestap.
Jy het met tye jou neus in my nek gedruk en ons het gelag.
Ek en jy het verspot in die stofpad afgehol, tot binne in die son
dan het jy grootoog jou kop geknik, pure afshow, pure perd
Soggens het ek al van ver af jou naam geroep, en grootoog
het jy geloer en ongduldig rondgetrap vir vroegoggend stap.
Ek het langs jou voete gaan lê en huil wanneer ek omkantel
Jy het my dan gevang voordat ek die afgrond kon afdonner
Maar toe kom satan en sy smerige onmens en monsteragtig
slag hulle jou af totdat jy lewend doodgaan en ek word gewalg
deur hulle bestaan, ek word gewald deur hulle lewe, gewalg.
Gewalg, gewalg gewalg deur die monsters van ‘n satansnag.
Ons het nie mekaar se taal verstaan, maar ons het mekaar verstaan
My groot-blinkoog
My blikvosperd
My vriend.
My perd.
(Vir die klomp vuil etters wat die perde afgeslag het wens ek ‘n tyd van
pyn, verwoesting en lyding tot in die laaste geslag)
Leave a Reply