WAT HET VAN ONS GEWORD?

Ons het almal lankal al vergeet van alles wat mooi en lekker is.

Wat het geword van die lang somer middae met groot tafels vol kos op die stoep?

Wat het geword van die ou beddens met die mooiste lappieskomberse op die ander kant van die ou stoep waarop familie lede Sondae Somers middae gelê en slaap het?

Wat het van die ou kombuise geword het wat na pampoen en kaneel geruik het?

Ek vra maar net…omdat ‘n vra vra is.

Ek is so glukkig om vandag in my ou houtvloerhuis te sit en wag vir die eerste reën.

Die buurmense is besig met potplantjies

Die ander buurman krap in ‘n boks rond.

Die ander buurman se buurman grou in ‘n ou strooisak.

Waarna soek almal?

Ek trek my skoene uit en bekyk die spul.

Julle moenie dat die mierneste julle onder kry nie.

Julle moet waak teen die vyand in die nag. Hy kom soos ‘n brullende leeu.

Wees soos wit duifies.

By die onderpunt van die straat skreeu kinders en klim in ‘n boomhuisie rond.

Wat het van ons geword?

Wat het van ons geword?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: