DIE FIETSRYER
Jou skoene kliek mooitjies by jou fiets se trappe in.
Kliek-kliek….soos ‘n hartklop, gereed en oorgehaal.
Jou gladde vorsgeboude bene strek oor die raam
van die fiets, gereed vir op-pad en af-pad
Die fietsrybroek, netjies om jou lyf styfgemaak
en jou spiere stol netjies in elke vou van jou klere.
Jy word een met jou fiets en jou vingers vou om die
stuurstang, elke spier gespanne en netjies, net soos
die speke wat elke wiel in sy plek hou vir ballans
Die fietsryer trek sy helmet mooi reg, sit sy sonbril op
en die fokus loop diep in sy oë, are en hartklop…
net soos die klop van die wiele wat opgepomp moet
word vir lank hardloop…rond en om en om en rond.
Jy kyk na jou knop, rangskik hom, die Satansambok
Langs die wegspring lyn staan ek, hande in my sakke,
Stukkende t shirt en ek kyk jou stip aan…deeglik.
Jou fiets maak my siek.
Jy maak my nog sieker.
Leave a Reply