MOOI
Die ‘brag-agtige’ swaan sê vir die vaalgrys-dikkoppe in die gras:
“nee, kyk hoe lyk julle, ruk julle self reg man”
Die pronk-pou-mannetjie met ‘n reënboog stert sê
vir die Koekoek : “Nee man, trek jouself reg, jy lyk soos
‘n rocker”
Die grysduif doen ‘n parings-dans vir die ander grys duif
en die Natgetaal gooi haar liedjie oor ons almal.
Ja wat….
Ons is almal maar mooi….al is dit so op ons eie manier.
Leave a Reply