MENSE PRAAT NOU SAAM.
“Koewee, Katrien, is jy hier? Alles lyk so toe”
“Ek hou my eenkant in my stillasie, Fiela”
“Vir wat dan so, ons groet altyd op ‘n soen”
“Jaag die soen weg, Fiela, die siek gaan ons vang”
Katrien van die Bo-Kaap se huisie is toe
sy vrees die ding wat ons kan laat dood
Katrien loer deur haar kantgordyn wat
by die skreef-venster tong uitsteek.
“Ek kom vra net ‘n entjie, Katrien, Faziem se kefie is toe”
“Los die sigaret, daai ding gaan die kiem nader roep”
“Katrien, wat praat jy? Jy roep die bang nader”
“Jaag weg die bang, bly op jou knieg voor God”
Katrien van die Bo-Kaap maak haar deur effens oop
Sy groet vir Fiela eers met ‘n “hallo”, sommer so op afstand.
“Ko’ laat ek jou die Coronna groet wys, sommer so voet teen voet”
Katrien en Fiela groet mekaar met voet-teen-voet se skud.
My dahling mens, dis vreemd hoe Die Here God mense nou
bymekaar roep, het jy gister op die teevee gesien
dat leeu en lam nou bymekaar staan in onse politiek
God leer ons om dieselle taal te praat, so met ‘n lelike siek.
Leave a Reply