MOFFIE

MOFFIE

My geboorte was heel spesiaal.  Toe ek my klam koppie so by die donkerte uithaal en in die lewende lig druk, hoor ek die dokter sê: “Moffie” en my oë gaan oop en ek sien die nurse se mooi, blink jewellery en baie make up.  Toe raps die dokter my my op boudjies, ek gil en hy was beeldskoon mooi.

 

Toe ek vir die eerste keer skool toe gaan, sing ‘n paar seuns vir my “Moffie, moffie moffie”. Daar het die natuur in my lieste lewe gekry en ek verkyk my aan die mooigeit van ‘n jong seun wat om my dans, soos sommige voëls wanneer hulle wil paar.

 

Die dag toe ek hoërskool toe gaan, hoor ek iewers in die koshuisgang iemand roep my “Moffie, Moffie, Moffie” en van daai dag af het ek pal in die storte gestaan om te kyk na die  fraaiheid en skoonheid van testosteroonbelaaide seuns wat kom stort. Hulle het my dronk van vreugde gemaak.

 

Toe ek mooi groot word, hoor ek iewers in ‘n winkel iemand sê: “Hey Moffie, Moffie, Moffie en ek soek dadelik die eerste beste donker hoekie, gang of steeg vir vinnige plesier…..

 

Maar toe vra  iemand vir my: “Het jy dalk gewig opgetel?” …

En daardie dag het my in stukke geruk, soveel so dat ek opgehou eet het, anorexia in die oë gekyk het en baie siek geword het. En toe sê ek vir die Dood….”Vat my nou maar, ek’s gereed”.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: