‘n KOEBAAI GEDIG
tussen die middernag
straat ligte het ek jou
asem verloor en in
die blink-nat-pad
het ek op ’n eensame
sypaadjie vir jou ’n
rympie gesit en skryf.
ek het tussen lag en middernag
vir jou onder by die kafee
gewag waar jy ’n sigaret
gaan koop. Jou alleen-loop
drentel tussen slaap en wakker
Elke Godsedag het ek gevra;
“Hoe kry ek jou lag weer lekker?”
die son kom op
die son sal sak
die maan kom op
die maan raak vol
jou lag sit net in jou mond
jou oë bly katswink groot
met ’n traan of twee wat
afloop tot by die
punte van jou mond
ek hoor jou hoes
ek hoor jou huil
ek hoor jou kreun
en ek hoor jou val
maar wat kon ek maak
tussen volmaan en
sonsopkoms toe daardie
eerste lente bloeisels
nie meer vir jou
gebloei het nie…
maar jy het stil bly lê.
Ek wonder waar is jy nou?
rol maar traantjies
rol saggies
Leave a Reply