‘n STYWE DOP EN DIE KROM VISSTOK.

‘n STYWE DOP EN DIE KROM VISSTOK.

2020-01-09

‘n Stwye dop en visstok lê mos so lekker saam met mekaar.

Ek praat nie hier van hengel of diepseevisvang nie, ek praat van gewone visvang in ‘n dam van die kant af.

Maar kom laat ek nie hierdie ding vooruit loop nie. Storie maak is om soos huis reg te trek. Beginne by die een kant en maak aan die ander kant klaar.

My Jasper is mos so lief vir die visstok en moenie die dop agterlos nie. Hy is al iewers in die sestig jaar oud, maar aan sy visstok klou hy soos ‘n mens nie aan iets kan klou nie. In my binneste het ek al gehoop dat hy tog aan my ook kan klou soos hy aan die visstok klou, maar daai gaan by hoop bly. Sien, ek het ook maar net ‘n natuur en behoeftes.

“Jasper, wanneer gaan jy tog die visvang laat staan?” vra ek eendag.

“Hoe kan ek, My Lam, visvang sit styf in my bene. Dis in my bloed”

“Goed, so, My Jasmer” het ek toe maar gesê.

Om die waarheid te sê, ek het hom al so keer of wat bekyk as hy daai vistok beetpak en beginne vang. Hy weet natuurlik nie dat ek hom dopgehou het nie, want ek het dit maar so loer-loer gedoen. Maar toe sien ek hoe daai stywe lyne en krom visstok hom gelukkig maak as hy ‘n byt kry.

Ek vat dan maar ‘n slukkie uit die Soetpyp vir die senuwees in die somer en om warm te word in die winter maande.

Soetpyp maak jou kry warm so van die binne-kant af, dan werk hy buite toe.

Maar eers terug by my Jasper en sy visstok.

Hy sit eers die aas aan die hoek, bekyk die spul, rol nog so bietjie aas, drup dit dan in een of ander doepa of iets, rol nog en dan beginne hy die ding aan die hoek vasplak. Eers so met die vingers, dan die handpalm en dan gaan lê dit in sy oë om seker te maak hierdie spul is goed klam en gedoepa vir ‘n vis.

Stadig beginne hy dan so aan die katrol te rol en tol. Eers stadig, dan vat hy klein bietjie spoed, dan baie spoed, dan weer stadig rol, totdat die aas mooi aan die puntjie vassit.

Dan die gooi. En gooi kan hy gooi. Die aas met sinker en al trek soos ‘n boog tot binne in die water iewers waar ‘n honger vis of ‘n ding lê en wag.

Aai, Mens, die vreugde in sy gesig laat my amper vergeet van my eie eensame verdriet en die Soetpyp.

Hy maak dan sy rug krom, druk die agterkant van die visstok in ‘n strêp wat om sy lyf vasgemaak en so staan hy krom rug met stywe visstok en wag.

As die wag te lank word, ruk hy eers bietjie aan die katrol, dan aan die stywe lyn en wikkel daai visstok. So asof hy iets of iemand wil laat nader kom.

En daar trek die lyne styf. Ek vat ‘n sluk Soetpyp, sommer so uit die bottel, die krom visstok wys dat hier ‘n gevaarlike ding oppad is. Daai lyn span, die sinkertjies lê diep ingetrek.

“Dis ‘n grote” skreeu hy.

“Ek sien so, My Jasper” antwoord ek in my binneste.

“Hier kom hy, ek trek hom in”

“Trek hom, My Jasper.”

So woed My Jasper met die trek, ruk en pluk totdat die einde in sig is.

“Goddank” sê ek en vat nog ‘n sluk uit die bottel.

“Ek is nou klaar, My Lam.” Sê my Jasper.

“Ek sien daai ding, ek bring ‘n lappie en ‘n sigaret vir jou”

So kom dinge ook maar tot ‘n einde en die Soetpyp lê maar langs my bed, net vir incase.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: