DIE ROOIPROPPIE
(goedkoop wyn in namakwaland wat in ‘n plestiek bottel met ‘n rooi proppie verpak word. Hy maak goed dronk)
Morre my Lanie, gee daar ‘n Rooiprop vir die kop
My Lanie, hy maak die stemme in my stop
Satan, Duiwel en sy tjommies bliksem my op
My Lanie, gee daar net ‘n Rooiproppie vir die kop
My God, Meester, help my, daai Daisie sing soos
‘n byevangertjie tussen die blommetjies, hy
loop soos heuning, soos stroop, dis alles daai
wat die duiwel my vertel, ek sê, dis klomp naai
daai eerste botteljie Rooiprop is maar die fonteintjie
die tweede se een maak hom die riviertjie
die derde ene se naam sal ek dalk vergeet
en die vierde een maak my vuiste in balletjies
om die son op sy moer te gee,
om die berg weg te stoot
om die see leeg te skep
om myself te vergeet.
“Die son wil nie op sy moer kry nie,
Die berg wil nie weggestoot word nie
Die see wil nie leeg geskep word nie”
Seblief my Lanie, ek is klaar verval…
Dankie my Lanie….sien more
Leave a Reply