DIE VROU IN HAAR REPTILE-SKIN BAAIKOSTUUM
(Desember 2019, vir die vrou op die strand)
__________________________________________________________________________________
Tussen die sandhopies op die
spierwit strand lê die vrou
in haar “reptile-skin” baaikostuum
en ballanseer haarself mooi op
‘n gekleurde handdoek wat ‘n
mens kan opkikker in die vaal dae.
Daai “reptile-skin” maak ook maar
net die nodigste toe vir ‘n dwalende oog,
maar so is dit maar, daai is vakansie.
Die vrou woel eers van die bo-kant
af, dan wikkel die middellyf, dan kom die bene
en ballanseer haarself op die handdoekie
(reg vir lekker-lê)
Sy laat my dink aan ‘n sywurm op haar
hartjie-kortonnetjie wat met ‘n koppie
speld vasgesteek is, om later ‘n goudgeel
boekmerkie vir die Grootboek te spin.
Soos die vrou wikkel en sukkel om op
die handdoekie te bly, span die
“reptile-skin” stywer om sekere gedeeltes,
want sy is rond, volrond, gesondrond,
maar sy smaail , spin met liefde die boekmerkie
vir die Grootboek, en sê vir die wat agter
handpalms en handdoeke giggel:
“Kyk ma’, ja, Kyk, maar ek worrie nie
want MY spin word ‘n boekmerkie
in die Groot Boek waar dit sê:
“Moenie worry, nee, Moenie worry
alles sal orraait wees”
Leave a Reply