MOOIWEERSVRIENDE ii
Ek’s So gelukkig om al my vriende om my te hê,
Almal van julle wat soos viervliegies in sy eie
donker rondsweeg met blink gatte wat dink
Die son skyn nie uit jou gat uit nie.
So gelukkig is ek om al my vriende om my te hê,
Wat soos Dik Russiese Houtpoppies in mekaar pas,
Vol van julleself en opinies.
Ek sit by haar eenvoudige tafel en vra dat sy vir my
ʼn storie moet vertel. Sy trek haar kopdoek reg, vou
haar cardigan om haar lyf en sê: “My Kijnd, dis daai
stories wat ons vas aan mekaar hou…daai stories”
Toe weet ek….
Leave a Reply