DIE VERKEERDE HEIMLICH MANEUVER.

DIE VERKEERDE HEIMLICH MANEUVER.

DEUR STANLEY CIERENBERG.

 

My mens, hierdie hele storie het begin by ‘n middagete tafel in ‘n restaurant.

Ons is so 7 of agt mense, skat ek.  Dit gaan jolig en ‘n bottel wyn is oopgemaak.

Die meeste van die mense is maar gewoon, eenvouding, (behalwe ek), maar daar is twee

wat soos ‘n seer duim uitstaan.

Die ouer een aan die kop van die tafel, skat hom so diep in die sestig en die dikke langs hom, skat hom laat veertig.

Beide van die manne het maar ‘n kwaal weg.  Nie dat ek ‘n mens is wat sommer uitpraat nie, maar

ek noem nou maar net.

Siestog, die ouer een het ‘n sluk probleem, of praat probleem. Toe ek hoor dat die man geen einde aan praat het nie, moes ek geweet het dat hier ‘n ding oppad is. Hy praat so baie, vergeet om te kou en sluk dan.  Ek sê toe vir myself dat hier moeilikheid oppad is.  Mens, maar die man praat asof daar geen einde is nie. Dan is sy vrou ook nog tussen in en sukkel om ‘n woord in te kry.

Die ou dikke se stem is hard en trek deur die restaurant.  So asof hy aan die preek gaan.  Ek weet dat hy een of ander sekte of ‘n ding is.  Preek vir al wat ‘n hartklop (of hartpomp?) of bolsslag het.  Die skryf glo geestelike boekies en traktaatjies wat hy dan vir mense uitdeel wat hy in sy mening het dit nodig sal kry.  Man, die traktaatjies is beskryf met teks verse uit die Bybel van die ou Testament, deur die Nuwe Testament tot by ‘n testament en teks-vers wat nog geskryf moet word of uitgelaat is.

Dan sal hy iemand so kyk en ‘n traktaatjie in sy hand druk. Van Vas en Bid, Kersefees, Guy Fox regdeur tot by mans wat bymekaar lê.  Ek hoor hulle sê dat die traktaatjie van mans wat bymekaar lê blykbaar aan sy ma opgedra is en dankie sê vir haar liefde en ondersteuning. Sê ek vir myself dat dit ‘n vreemde gedoente is, maar ek los dit daar en dit gaan goed met die ou dikke en die ouer een se kuier om die etetafel.

 

Die ou een is besig met ‘n storie, die dikke amen en Prys die Here al die pad, maar min weet ons van die kwaal wat die ou een het en daar gaan steek ‘n stuk vleis in sy verkeerde gat vas.  Ek bedoel, keelgat of lugpyp en hy spring op met trane in die oë en kort van asem.  Ek dog eers die man kom tot bekering want die dik sekte een was ook maar goed op dreef met sy traktaatjie.

Na ‘n ruk spring die dik-sekte-prediker op en steek die ou een agterna, reguit toilette toe.

Mens, wens ek tog dat ek ‘n vlieg teen daai toilet muur kon wees.

Die twee bly lank weg en die ou een se kos word koud. Sy vrou sit toe maar ‘n pap bord oor sy kos om die laaste hitte te hou.  My oë is net na die restaurant se toilet gedraai, van pure nuuskierigheid, jy weet mos.

So skuins voor ons sit nog ‘n tafel met ‘n paar outjies wat seker een of ander one week anniversary van boyfriend wees, vier.  Die een met die stywe hare en duk beetjies staan op en stap kierts regop toilet toe.

Toe weet ek hier is ‘n ding oppad.

Meteens hoor ek ‘n helse gil wat van die toilet se kant af kom.  Die dikke en die ou een met die sluk probleem kom spierwit aangehol.

“Wat het gebeur?” vra ek.

Die ou dikke sê dat hy hande vir die sluk probleem opgelê het om die bose gees uit te dryf wat hom verhoed om te sluk, toe die gebed sy tyd vat om gehoor te word, traai hy toe maar die Heimlich maneuver.  Die dikke wikkel hom netjies agter die ou een se rug in en sê vir hom om nog bietjie vooroor te buig. Die ou een fluister, nog met die stuk vleis in sy lugpyp: “is dit vooroor genoeg of moet ek nog ‘n bietjie buig?”.

Mens, dis toe dat die regop mannetjie wat vol van die parfuum is daar instap en die ding aanskou.

“Ja,” sê ek vir myself. “So het ons almal maar ons tekortkominge”

Maar dis nie die einde nie. Die ergste kom nog.

Die ou dik sekte prediker gaan toe na die tafel waar die regop parfuum mannetjies sit en gee ‘n traktaatjie vir hulle van die bose gees en van mans wat bymekaar lê. Die enetjie vat die storie verkeerd op, skryf sy telefoon nommer daarop en gee vir die dik sekte prediker terug.

 

Dis toe dat daar ‘n sagte glimlag op die dik sekte prediker se  mondhoeke kom sit en hy haal sy selfoon uit om ‘n nommer in te pons.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: