‘n GEDIG VIR LANDI CIERENBERG.
Landi, my lam
Vir my is jy die reënboog
wat die Hemel inkleur soos
‘n tuin vol veldblomme, van
Horison tot horison.
Vir ons sal jou lag iewers
in die kranse van Imperani
en Maluti eggo vir altyd en altyd.
My Lam, jou Harley is my kosbaarste
besitting waarin jy elke dag
vir my knipoog en smile.
Jy is die engel agter op ons bikes,
wat die pad vir ons almal oopmaak.
Landi, my Lam,
Jy het ons lewens ingekleur
Jy is ‘n ster wat ons almal kon pluk (en blink vryf)
Jy is ‘n piekfyn waar jy nou is,
En weet ons sal jou mis….
Ek salueer jou Landi Cierenberg.
Leave a Reply