LIEFDE VIR MY MA
“Nee wat Kind, ons kastrolle bly vol” toe ek vra hoe dit gaan.
Die kombuis-tafel is maar krankeliekig, maar geluk, die is daar
“Kom ek maak vir ons koukoukoffie. Ek weet jy stout ‘n soet ding”
“Dis diep bederf, Dankie” sê ek
“Kind, gee daai kommejtiesdoek aan, die bamboeslvlieë hang
rond nes die klomp Kranskakkers doer oorrie pad”
Ek lag.
Ek gee die doek aan, sy gooi dit oor die stukkie
Kookwatersuurdeeg-brood.
Ek kyk haar aan en die liefde vir my ma is soet soos koukoukoffie.
Leave a Reply