GEBEENTES
{Gemeentes}
Soos afgeslagte vlermuise hang die bees-karakasse
in rye by die slagpale om uitgesoek te word,
sommige Prima, ander minder prima sommige niks
Soos ‘n boom wat afgekap word en grond to donder,
val die bont koei wat in ‘n staalhok geskiet word en uitrol
tot op die koue vloer van nog ‘n slagoord
Soos ‘n skaap se kop wat afgesny word en uitbloei
totdat die bloed in ‘n stroom afloop, tot binne in
die ganse se hok…
Een gans trap in die bloed en bevlek die ander gans
se spierwit donsvere….
Ek is die karkas
Ek is die skaap
Ek is die gans
Leave a Reply