DIE GAYS KOS DIE NG KERK NOU AL BYNA R30 MILJOEN

DIE GAYS KOS DIE NG KERK NOU AL BYNA R30 MILJOEN)

{hierdie storie is min of meer die waarheid}

Hierdie hele besigheid het begin toe die Dominee se vrou na ‘n troue toe was en ‘n groot, bruin koevert val uit haar Nissan Skyline uit.

Maar Mens, laat ek nie hierdie storie voortuit loop nie.

Die Dominee het sy voet neergesit en gesê: “Nee wat my Duifie, na daardie troue gaan ek nie en ek gaan hulle ook NIE trou NIE”

“Ag toe, Pappa, hulle is sulke wonderlike mense en goedhartig….” En Dominee se vrou sit duisende stamps op om die lof van hierdie tweetjies te besing, maar Dominee bly by sy NEE.

“Nee wat, ek het vir die tweetjies gesê dat hulle nie in my kerkgebou sal trou nie. Bid jou aan. Wie is die bruid en wie is die bruidegom? Voor my kantsel”…gaan die dominee aan en aan.

“Moenie eers praat van mekaar die regterhand gee nie en die soen na die tyd. Ek sak my KOP in SKAAMTE. Hoe kan ek twee mannetjies trou wat soos rooibek-kalkoentjies voor my preekstoel staan? Nee Mamma, dis laster”

My Mens, maar die predikant se vrou wil troue hou, moffie of te not.

Na weke se gespook, stel die predikant se vrou voor dat die tweetjies nou maar in ‘n mooi tuin moet trou. Hier af in Patrys straat is ‘n mooi tuin. Sy sê toe vir die paartjie dat sy alles sal reël, maar hulle moet dit tog maar stil hou.

Die dag van die troue breek aan.

My, Mens, maar was dit ‘n gedoente. Ek lag nou nog by myselwers as ek net daaraan dink.

DIE TROUE:

Sommer so in ‘n baie mooi tuin met baie stokrose, Agapanthus Africanus en ‘n paar varings.

Hulle het sommer DRAAD-stoele en n DRAAD-tafel geleen, die huis se heining is van DRAAD gemaak (so die bure kon sommer bruilof so deur hulle vensters hou)… en daar met al die DRAAD-gedoentes TREK die twee mannetjies weg met hulle trou.

Die Predikant se vrou ook daar, wit aangetrek, maar neig na pienk toe.

“Hier is nou nie ‘n Predikant om hierdie storie te wettig nie” sê een van die gaste.

“Moet jy nie worry nie, Skattie, ek organize gou” sê Predikant se vrou.

Sy trippel na haar Skyline toe (Maar kyk, sy beweeg flink en vining), ruk die deur oop, klim in en klap die deur weer toe. Daar ry sy na die Galloppers-Kerk se pastoor wat onder in die pad besig is om ‘n Worsbraai-KOMpetisie te beoordeel te gaan haal.

“Seblief, Pastoor, kom trou net die tweetjies, dan kan julle weer met julle worse aangaan” soebat sy

“Ja, toe, kom.” Sê hy

So kom hulle by die huis aan waar al die Draad-meubels staan en die twee Rooibek-kalkoentjies tussen die stokrose.

“Hierdie ding moet vinnig gaan. My wors is op die kole en as hy te lank braai breek die velletjie. Ek verklaar julle man en vrou.” Rammel Pastoor dit af.

“Nee man, dis verkeerd” skree een van die Rooibekkalkoentjies.

“O, ek sien, ek verklaar julle dan getroud” sê hy.

“My wors se vel gaan bars van die kole, ek kan nie hier staan en troue maak nie” gaan Pastoor aan.

“Ons is twee mans wat trou” sê die een Kalkoentjie.

“Ek verklaar julle dan nou man en man…ek moet gaan, my wors gaan oopbars” skreeu Pastoor.

“Ek vat jou terug” sê Predikant se vrou.

Man, so gaan die troue toe aan en die Predikant se vrou vra of sy daardie CD van Celine Dion kan leen wat die paartjie gespeel het met die opening van die baan.

Mens, hoekom hulle nou vir Celine Dion gekies het weet ek nie, maar volgens een van die buurmense wat deur die venster staan en bruilof hou het, is dit opdat Celine Dion en CD dieselfd initials het. Een van die Kalkoentjies is mos vreeslik oor dinge wat pas en rym ens.

\

Die predikant se vrou is toe weer vinnig daar weg, maar nooit het sy agter gekom dat daar ‘n groot, bruin koevert uit die kantsakkie van die kar geval het nie. Een van die Kalkoentjies het die koevert opgetel en oopgemaak.

Dis ‘n rekening van die hospitaal.

Dertig-duisend-rand….sê die Total onder aan.

Vir wat? Vra die ander kalkoentjie.

Hulle bekyk hierdie faktuur en daar sal hulle met ‘n skok agter kom dat dit die Predikant se vrou is wat die hospitaal so baie skuld, in rooi letters bygesê.

“Liefie, ek het jou mos gesê die vrou lyk bekend. Sy was Hoofseun in 1972 by Help Mekaar Hoërskool”…

Mens, wat van daai koevert geword het weet ons nie, maar ‘n geheim tussen twee Kalkoentjies bly nie ‘n geheim nie….DIE DING IS NOU KOERANTE TOE.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: